Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 November 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Hul laaste dae in Johannesburg, skets 5b

1
Plaas die toneel:
Restaurant in Oxfordstraat,
Illovo, Sandton se ouer gedeeltes.
Meer spesifiek:
Straataf daai modernistiese landmerk;
woonstelblok deur Harold Le Roith
in die dertigs ontwerp.
(Clive Chipkin het dit uitgewys
toe hulle vroeër die jaar deur die stad gery het.
Chipkin, tagtig jaar oud,
óók besig om afskeid te neem
van die stad met mynhoopgeel klinkers
en sianied in die grond?)

2
Illovo is deur die gewone siklusse –
op, af, op, af,
boom en bust,
boom en bust.
Tipies myndorp,
al voel dit hier soos Kaapstad,
of dalk selfs dele van Berlyn,
spesifiek Prenzlauerberg, in die ou Ooste,
waar anargiste Kastanienallee se naam
na Casting Alley toe verander;
kommentaar op gebootsde bene
wat nou soos akteurs, met inkopiesakke
bewapen, by winkels in- en uitmarsjeer.
Sosialistiese woonstelblokke word opgetert
as galery, trendy kroeg, of lêplek
vir outomate wat in new media werk.

3
But the most spectacular of Le Roith’s pre-war buildings was undoubtedly Dunkeld Mansions (1937-40), a luxury block of flats like a great ocean liner on the extension of Oxford Road, at the border of Illovo and Dunkeld… [A]nd again we are faced today with a building mutilated by later renovators. We shall recall it as best we can from old photographs and memory.

4
Hiérdie deel van Illovo tel op.
Die restaurant voorheen ʼn vloer
vir tweedehandse motorfietse en klere.
Mure is uitgebreek, wat oorbly
skakerings wit en swart geverf,
gloeilampe vlermuise wat laag aan lang drade
van die betonplafon af hang.
Industriële yskas hou drankies kil.
Te oordeel aan disse op ʼn swartbord
is artisjokke in die mode,
of iewers op special.

5
[Waarskuwing: Versigtig vir drink en skryf. Padblokkades. Blaas]

6
Hulle is hier om ʼn verjaarsdag te vier. 35.
Waarskynlik ook die rekenkundige gemiddeld
van almal teenwoordig se ouderdom.
Standaardafwyking van 3.5, dalk?
Hy’s ouer. Uitskieter op die normaalkurwe.
Valhekke en borste.
Valhekke en borste.
Babysitters by die huis.
Dié wat dit kan bekostig
sal binnekort die busts wil boom.
Hysbakkies, tummy tucks,
tepels weer hul oë laat opslaan na die berge,
waar sal my tulp vandaan kom?
Vir eers word hoenderpote
wat vore van ooghoeke na slape oopklou
deur room in toom gehou.

7
The horizontal emphasis of the east elevation creates the main presence of the building. Concave-shaped parapets and wire-glass balcony panels, large-view windows and a seascape of curvilinear roof forms terminate the view up Corlett Drive. In the 1960s Le Roith recalled the original roofscape, complete with roof garden, squash court, terrace and rest pavilions. The flats (he said), planned to luxurious standards, once commanded wonderful views northwards towards Pretoria.

8
Sjampoebottels se kurke al dak toe.
Fluite leeg, vol, leeg, vol,
borreltjies ontplof droog in neusgate.
Hul voorkeurdwelm. Soms
saam met vodka en ʼn kersie.
Bollie-stollie. Hoe camp.
Jaag dit met vroliker wringkrag kop toe.
Teen die muur staan:

happiness
friends
laugh
live

met ʼn hart van doringdraad onderaan.
Bo die deur ʼn poppie
met ʼn kant rokkie
en vlerke van draad.
Arms, bene en kop lapwurms
wat onder pante uitkruip.
(Dit laat hom aan Helen Martins
se pop in Nieu Bethesda dink,
die een met die bokpoot vir ʼn voet.)

9
Foto’s van die eienares teen die muur.
Nie prominent nie. Klein foto’s,
in ʼn hoek geraam.
Sy’t ʼn moulose frokkie aan,
teen die restaurant se tralievensters gedrapeer.
Hare in haar oë, lok die kamera,
kaal vrou op haar boarm getatoeëer.
Diefwering ʼn prop vir ʼn foto,
ʼn feature vir ʼn restaurant.
How very Joburg.
Maar vanaand spuit haar hare
ʼn fonteintjie op haar kop.

10
Here, then, in this luxury apartment building is the climax of the white villa architecture of Johannesburg’s northern suburbs. But one thing we notice: it was not a polemical building; it was a demonstration of modern upper-class living in the northern suburbs of Johannesburg.

11
Sal hy dit eendag kan oproep
uit sy geheue, ou foto’s?
Slopings en verbouings.
Sál daar ou foto’s wees?

12
Buite in die straat ʼn bord:
“blubird shopping centre”,
asook “Johannesburg International”,
kenmerkende vliegtuig as rigtingwyser.
Hier moet bordjies nog verhang word,
dink hy.

13
Hy sit in die hoek.
Hy geniet die aand.
Gesprekke bolangs,
woorde wat sag teen ooglede val,
vlak wonde wat mooi bloei
en vinnig genees.
Werklik, hy geniet dit terdeë.

14
Is Illovo deel van Sandton?

15
Aanhalings: Clive Chipkin. 1993. Johannesburg Style: Architecture and Society, 1880s – 1960s. Kaapstad: David Phillip, p. 177.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. “They’re always demolishing buildings in Johannesburg…”
Andries Bezuidenhout. Radoma Court in Yeoville se storie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Stephan du Toit. Mona Lisa
  • Hennie Maartens. agterdog

Nuutste bydraes

  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)
  • Linette van der Merwe. Kersfees

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d