Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 November 200910 November 2009

Stieg Larsson se miljoene

Stieg Larsson
Stieg Larsson

Stieg Larsson, skrywer van die wegholsukses, The girl with the dragon tattoo en die twee opvolgboeke, is gister presies vyf jaar gelede oorlede. Sy nalatenskap het egter nou in ‘n helse herrie ontaard. Ten tye van die skrywer van die sogenaamde Millenium-trilogie se afsterwe het daar nog geen van die drie dele verskyn nie aangesien Larsson op 50-jarige ouderdom aan ‘n hartaanval oorlede is kort nadat hy die manuskripte aan sy uitgewer oorhandig het. Op daardie tydstip was sy boedel nou nie juis noemenswaardig nie en het hy alles volgens sy testament aan die plaaslike tak van die Sosialistiese Party, waarvan hy ‘n aktiewe lid en meewerker was, nagelaat.

Maar nou ja. Toe verskyn die trilogie een na die ander en bereik ongekende sukses by die kasregisters wêreldwyd; in dié mate dat sy boedel tans op soveel as 70 miljoen euro’s bereken word. Uiteraard het Stieg Larsson se pa en broer onmiddellik begin met regsstappe om Larsson se testament te betwis. Tot hul krediet het die Sosialistiese Party summier enige aanspraak op die inkomstes uit boekverkope laat vaar. Maar wat van Larsson se “vrou”, Eva Gabrielsson, met wie hy meer as 30 jaar lank gewoon het, maar nooit mee getrou het nie? En die rede vir die nie-troue is nét so interessant: Vanweë Larsson se werk as ondersoekende joernalis moes hy gereeld omstrede artikels skryf met die gevolg dat doodsdreigemente ‘n integrale deel van sy ongesonde lewensstyl was. Aangesien die Sweedse wet vereis dat jou woonadres en ander persoonlike besonderhede in die geval van ‘n huwelik in die media gepubliseer moet word, het Larsson en Gabrielsson besluit om weens veiligheidsredes liefs nooit te trou nie.

Nog ‘n kinkel in die kabel is die feit dat Larsson se vierde manuskrip reeds 200 bladsye ver op sy rekenaar gestaan het ten tye van sy dood. Vader en broer het toe probeer om Gabrielsson te bewimpel deur in te stem dat sy in hul huis kan aanbly; mits sy Larsson se rekenaar aan hulle sou oorhandig. Uiteraard het sy geweier en begin om hulle van gierigheid te beskuldig en die geldigheid van hul regsgeding te bevraagteken. Die situasie tans is dat vader Erland en broer Joakim ingestem het om sowat 2 miljoen euro (20 miljoen Sweedse kronen) aan haar af te staan en haar ook toe te laat om in die huis aan te bly. Mits sy die onvoltooide mansukrip sal voltooi, natuurlik.

Mmm, nou ja toe. Lees gerus die berigte op onderskeidelik De Papieren Man en Crimezone se webtuistes. Indien jy Sweeds magtig is, kan jy gerus die onderhoud met broer Joakim op Svenska Dagbladet lees. In tussen het nog ‘n berig by De Standaard verskyn.

***

Vanoggend is daar slegs twee nuwe plasings op die webblad: Andries Bezuidenhout se treffende gedig oor Johannesburgse argitekuur en Melt Myburgh wat tot ‘n besonderse insig oor die verwantskap tussen digters en die “District 9 prawns” kom. En onthou om vanaand om 22:00 na Vers & klank op RSG te luister. Dan lees Johan Myburg gedigte uit sy bundel Kamermusiek voor.

Lekker lees en onthou tog om vandag van tyd tot tyd op te kyk van jou werk. Daar’s ‘n hele wêreld daarbuite.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Nini Bennett. Digterlike bloudrukke →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d