Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 20096 September 2013

Desmond Painter. Maak hiervan ‘n liedjie, Tom!

Lees jy ooit ‘n gedig en dink: híérdie een moet gesing word? Sommige digters se verse leen hulle tot musiek. Ander s’n, soos dié van Ingrid Jonker, sméék as’t ware om gesing te word. Soms, as jy so ‘n gedig raaklees, het jy dalk selfs ‘n sanger en musikale styl in gedagte. Jy kan die lied al amper hoor. Tydens ‘n voordrag op Stellenbosch in 1994 het Hennie Aucamp byvoorbeeld in redelike detail verduidelik hoe hy Eugene Marais se ‘Skoppensboer’ gesing sou wou hoor; en as ek reg onthou, het hy gesuggereer wie volgens hom ‘n goeie vertolker sou wees.

Die gedig wat ek miskien meer as enige ander as ‘n lied wil hoor (wat ek eintlik alreeds kán hoor) is die Amerikaanse digter, Theodore Roethke, se ‘My papa’s waltz’. Terloops, ek moet noem dat ek hierdie gedig (of ‘n deel daarvan) die eerste keer raakgeloop het in ‘n wonderlike outobiografiese werk, Ernst van Heerden se Die ligtende trein; dit is myns insiens ‘n afgeskeepte boek in Afrikaans en beslis die moeite werd om te lees! Van Heerden skryf oor sy grootwordjare, sy reise, sy jare by Wits, die traumatiese verlies van sy bene en, les bes, enkele ontmoetings met Amerikaanse digters soos Roethke en ook e.e. cummings. ‘n Pragtige boek; lees dit gerus (weer). 

Hier is Roethke se gedig:

My Papa’s Waltz 

The whiskey on your breath
Could make a small boy dizzy;
But I hung on like death:
Such waltzing was not easy.

We romped until the pans
Slid from the kitchen shelf;
My mother’s countenance
Could not unfrown itself.

The hand that held my wrist
Was battered on one knuckle;
At every step you missed
My right ear scraped a buckle.

You beat time on my head
With a palm caked hard by dirt,
Then waltzed me off to bed
Still clinging to your shirt.
 

Roethke word veral bewonder vir sy natuurgedigte, maar wat ‘n wonderlike vers is hierdie nie! En watter aangrypende lied sou dit nie maak nie… Maar dan moet dit klink soos in my gedagtes. Niemand minder nie as Tom Waits is aan die stuur van sake, met sy geroeste stem wat aanleun teen ‘n lendelam klavier. Iewers in die agtergrond is daar dalk ‘n draaiorreltjie; of dalk ‘n temerige akkordion. Die perkussie is tuisgemaak: spykers in ‘n bottel, dronkerige stewels op ‘n houtvloer; so iets. Ja, jy moet hulle kan hoor wáls, vader en seun, terwyl die hele huis wankel.  

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. ʼn Stukkie Tom Waits vir die depressiejare
Andries Bezuidenhout. Tom Waits en die onderkant van die straat →

4e gedagtes oor “Desmond Painter. Maak hiervan ‘n liedjie, Tom!”

  1. Desmond Painter says:
    19 November 2009 at 14:19

    Sal dit beslis wil aanskaf.

    Reply
  2. Johann says:
    18 November 2009 at 22:26

    Ek het iewers ‘n bloemlesing met gedigte vir & oor vaders. As ek dit opspoor, sal ek jou die inligting laat kry. Dis ‘n absolute móét.

    Reply
  3. Desmond Painter says:
    18 November 2009 at 15:49

    Inderdaad, hayden s’n is ‘n pragtige gedig! dankie, ek het dit nie geken nie.

    Reply
  4. Johann says:
    18 November 2009 at 14:10

    Desmond, die gedig is ook een van my óú favourites. Gedag die volgende sal dalk ook in jou kraal val:

    Those Winter Sundays
    Robert Hayden

    Sundays too my father got up early
    And put his clothes on in the blueback cold,
    then with cracked hands that ached
    from labor in the weekday weather made
    banked fires blaze. No one ever thanked him.

    I’d wake and hear the cold splintering, breaking.
    When the rooms were warm, he’d call,
    and slowly I would rise and dress,
    fearing the chronic angers of that house,

    Speaking indifferently to him,
    who had driven out the cold
    and polished my good shoes as well.
    What did I know, what did I know
    of love’s austere and lonely offices?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d