Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 November 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Wopko Jensma as vertaler

Hoewel Wopko Jensma nie Duits op skool of universiteit gehad het nie, werk hy van 1965 tot 1967 as vertaler vir die Afrikaanse Pers-Boekhandel in Johannesburg, en daar verskyn vyf van sy vertalings van jeugromans uit Duits in Afrikaans by dié uitgewery en een uit Engels in Afrikaans by J.L. van Schaik. Die vyf romans van A.E. Johann het in die “Vlug om die wêreld”-reeks van ses boeke verskyn, naamlik Bedelaars in Japan (1966), Moordnag in Sjina (1966), Soldate in die oerwoud (1966), Vlug om die wêreld (1966) en Trek deur die woestyn (1967). J.L. van Schaik publiseer ook sy Die spookkus (1966), ‘n vertaling van ‘n Engelse jeugroman van Nan Chauncy.

Elsa Jensma (2008) is oortuig dat haar broer nooit Duits op skool geneem het nie en Jensma (1968) bevestig dit in ‘n brief. Volgens Wolf Weinek (2008) kon hy nie ‘n woord Duits praat nie. Sy vriende Chris en Maritha Alexander (2008) meen hy kon ‘n gesprek in Duits volg, maar het nooit self Duits met hulle gepraat nie.

Die werk as vertaler vir die Afrikaanse Pers-Boekhandel was vir Jensma bloot ‘n tussenpose om die pot aan die kook te hou en hy het daarna nie weer in hierdie hoedanigheid gewerk of probeer om hoofsaaklik met sy skryfwerk ‘n inkomste te verdien nie. Die lewe sou vir hom bowendien ingrypend verander.

Uit ‘n boek-in-wording deur Leti Kleyn en Johann Lodewyk Marais

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Wopko Jensma se broer verdrink

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d