Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 January 20108 January 2010

Raymond Carver. A new path to the waterfall

Raymond Carver
Raymond Carver

Vanoggend, steeds gerig op die boektema van elke Vrydag, wil ek egter ‘n meer persoonlike Nuuswekker pleeg ten einde aansluiting te vind by vandeesmaand se Blog-fokus. So gebeur dit dat ek na die verskyning van my tweede digbundel (Op die oog af, 1988) ‘n ernstige insinking beleef in my entoesiasme jeens die digkuns. Vir etlike jare kon ek (of wou ek) geen verse skryf óf lees nie. Tot vriend Henning (Pieterse) by my opdaag met ‘n stapeltjie bundels van Charles Bukowski en Raymond Carver ten einde my daarvan te oortuig dat poësie beslis nié die mors-van-tyd-woordspeletjies en intellektuele masturbasie is waarvoor ek dit aangesien het nie.

Een van dié bundels was Raymond Carver se posthume publikasie “A new path to the waterfall” (1989: The Harvill Press).

Wat hierdie bundel ‘n onvergeetlike leeservaring gemaak het, afgesien daarvan dat dit my eerste blootstelling aan “internasionale” poësie was, is die feit dat Carver dié gedigte geskryf het terwyl hy sterwend was aan ‘n terminale breingewas. Sy vrou, Tess Gallagher, het die gedigte versorg en ná Carver se dood gepubliseer; met gunstelinggedigte en -prosastukke wat Carver self gekies het, daarby ingesluit. Die verbluffendste aspek van hierdie gedigte is egter hoe gestroop dit van enige sentimentaliteit en/of verbittering jeens sy omstandighede is. Dit is verse wat júís die vreugde van die lewe vier in ritse sobere, toeganklike en meevoerende verse.

En met Carver voor oë, was ek meteens weer oortuig van die enorme krag wat in ‘n vers opgesluit lê en vol entoesiasme teenoor die poësie. Danksy ‘n deeltydse digter wat meer bekend is as kortverhaalskrywer, en ook danksy ‘n goeie vriend wat my nie aan my eie verdwalinge wou oorlaat nie.

As huldeblyk plaas ek twéé verse vanoggend: een van Carver se gekose gunstelingverse, gevolg deur ‘n eie vers van hom wat as ‘n tipe “programvers” (ook vir sy prosakuns) beskou kan word.

***

Dan het twee van ons bloggers gister hul “Blog-fokus” vir die maand geplaas; Philip de Vos pak bokse uit en onthou hoe sy eerste verse ontstaan het, terwyl Carina Stander weer vertel wie en wat haar die woorde in haar mond laat begin proe het. Inderdaad wonderlike, inspirerende stukke … En jy? Wat maak dat jy jou gras aan die poësiekant van die draad kom soek? En onthou – dit gaan nie net oor hoekom jy gedigte “skryf” nie, maar net soveel oor hoekom jy dit lees.

So, skryf vir die Brieweboks en laat ons hoor.

Mooi bly.

LE

 

Gift

 

A day so happy.

Fog lifted early, I worked in the garden.

Hummingbirds were stopping over honeysuckle flowers.

There was no thing on earth I wanted to possess.

I knew no one worth my envying him.

Whatever evil  I had suffered, I forgot.

To think that once I was the same man did not embarrass me.

In my body I felt no pain.

When straigtening up, I saw the blue sea and sails.

 

© Czeslaw Milosz (Uit: The Collected Poems: 1931 – 1987, The Ecco Press)

 

Sunday night

 

Make use of the things around you.

This light rain

Outside the window, for one.

This cigarette between my fingers,

These feet on the couch.

The faint sound of rock-and-roll,

The red Ferrari in my head.

The woman bumping

Drunkenly around in the kitchen …

Put it all in,

Make use.

 

© Raymond Carver (uit: A new path to the waterfall)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Danie Marais. Die verhalende vers
Raymond Carver – vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Nog in my laaste woorde
  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Jeanne Henning Els. noodgeval
  • Jeanne Henning Els. wholeworld
  • Koos de Wet. Sakkies lug

Nuutste kommentaar

  1. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  2. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  3. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  4. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  5. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d