Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 January 20108 January 2010

Raymond Carver. A new path to the waterfall

Raymond Carver
Raymond Carver

Vanoggend, steeds gerig op die boektema van elke Vrydag, wil ek egter ‘n meer persoonlike Nuuswekker pleeg ten einde aansluiting te vind by vandeesmaand se Blog-fokus. So gebeur dit dat ek na die verskyning van my tweede digbundel (Op die oog af, 1988) ‘n ernstige insinking beleef in my entoesiasme jeens die digkuns. Vir etlike jare kon ek (of wou ek) geen verse skryf óf lees nie. Tot vriend Henning (Pieterse) by my opdaag met ‘n stapeltjie bundels van Charles Bukowski en Raymond Carver ten einde my daarvan te oortuig dat poësie beslis nié die mors-van-tyd-woordspeletjies en intellektuele masturbasie is waarvoor ek dit aangesien het nie.

Een van dié bundels was Raymond Carver se posthume publikasie “A new path to the waterfall” (1989: The Harvill Press).

Wat hierdie bundel ‘n onvergeetlike leeservaring gemaak het, afgesien daarvan dat dit my eerste blootstelling aan “internasionale” poësie was, is die feit dat Carver dié gedigte geskryf het terwyl hy sterwend was aan ‘n terminale breingewas. Sy vrou, Tess Gallagher, het die gedigte versorg en ná Carver se dood gepubliseer; met gunstelinggedigte en -prosastukke wat Carver self gekies het, daarby ingesluit. Die verbluffendste aspek van hierdie gedigte is egter hoe gestroop dit van enige sentimentaliteit en/of verbittering jeens sy omstandighede is. Dit is verse wat júís die vreugde van die lewe vier in ritse sobere, toeganklike en meevoerende verse.

En met Carver voor oë, was ek meteens weer oortuig van die enorme krag wat in ‘n vers opgesluit lê en vol entoesiasme teenoor die poësie. Danksy ‘n deeltydse digter wat meer bekend is as kortverhaalskrywer, en ook danksy ‘n goeie vriend wat my nie aan my eie verdwalinge wou oorlaat nie.

As huldeblyk plaas ek twéé verse vanoggend: een van Carver se gekose gunstelingverse, gevolg deur ‘n eie vers van hom wat as ‘n tipe “programvers” (ook vir sy prosakuns) beskou kan word.

***

Dan het twee van ons bloggers gister hul “Blog-fokus” vir die maand geplaas; Philip de Vos pak bokse uit en onthou hoe sy eerste verse ontstaan het, terwyl Carina Stander weer vertel wie en wat haar die woorde in haar mond laat begin proe het. Inderdaad wonderlike, inspirerende stukke … En jy? Wat maak dat jy jou gras aan die poësiekant van die draad kom soek? En onthou – dit gaan nie net oor hoekom jy gedigte “skryf” nie, maar net soveel oor hoekom jy dit lees.

So, skryf vir die Brieweboks en laat ons hoor.

Mooi bly.

LE

 

Gift

 

A day so happy.

Fog lifted early, I worked in the garden.

Hummingbirds were stopping over honeysuckle flowers.

There was no thing on earth I wanted to possess.

I knew no one worth my envying him.

Whatever evil  I had suffered, I forgot.

To think that once I was the same man did not embarrass me.

In my body I felt no pain.

When straigtening up, I saw the blue sea and sails.

 

© Czeslaw Milosz (Uit: The Collected Poems: 1931 – 1987, The Ecco Press)

 

Sunday night

 

Make use of the things around you.

This light rain

Outside the window, for one.

This cigarette between my fingers,

These feet on the couch.

The faint sound of rock-and-roll,

The red Ferrari in my head.

The woman bumping

Drunkenly around in the kitchen …

Put it all in,

Make use.

 

© Raymond Carver (uit: A new path to the waterfall)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Danie Marais. Die verhalende vers
Raymond Carver – vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Agterstevoorom
  • Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

Nuutste kommentaar

  1. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  2. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  4. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  5. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d