Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 January 201021 January 2010

Met trom en basuin …

2010. Die pad is geteer

Roffel die tromme en blaas die basuine, want vanoggend kan Nuuswekker met trots aankondig dat ons aansoek om finansiële steun by die Fonds Neerlandistiek (SA) suksesvol was en dat dié instansie ons vir die duur van hierdie jaar gaan borg. Nie net sal dié befondsing ons in staat stel om die webblad darem uit ander fondse as ons eie te finansier nie, maar dit sal ons ook bemagtig om bepaalde (hopelik opwindende) projekte te inisieer.

Indien daar na die riglyne vir hierdie webblad gekyk word, blyk dit dat die vyf doelwitte rofweg in twee fokuspunte geplaas kan word: enersyds ‘n kyk na binne waar die huidige stand en groeipotensiaal van die Afrikaanse digkuns tentoongestel word, en andersyds ‘n kyk na buite waar daar nie net probeer word om die poësieliefhebber aangaande internasionale gebeure in te lig nie, maar ook om ons digkuns sterker op die groter verhoog van wêreldpoësie te posisioneer.

Uiteraard vorm die vestiging van ‘n nouer band met die digkunste van die Laer Lande ‘n integrale deel van dié visie en is daar reeds ver gevorder op dié pad. So is daar vir etlike maande reeds die wisselwerking tussen ons en De Contrabas, ook nog Yves T’Sjoen se deelname as blogger en nou die pasgestigde Wisselkaarten waardeur ‘n beduidende aantal Nederlandse en Vlaamse digters by die webblad betrek word. Ook die gereelde beriggewing van gebeure aldaar – soos hul beriggewing oor gebeure hier te lande – verhoog die wedersydse bewuswees van mekaar en die spesifieke uitdagings wat die onderskeie digkunste in die gesig staar.

Daar die FNSA histories uitsluitlik boekpublikasies befonds het, verdien prof. Rufus Gouws en sy bestuur ‘n pluimpie vir hul visie om die moontlikhede wat die  elektroniese media bied, nie net raak te sien nie, maar daadwerklik by wyse van dié borgskap te ondersteun. Soos hy dit immers self in sy kommentaar gestel het: “Die Fonds Neerlandistiek ondersteun graag publikasies op die gebied van die Neerlandistiek. Waar dit voorheen veral oor boekpublikasies gegaan het, is dit verblydend dat steun ook nou aan ‘n nuwe medium gegee kan word ter bevordering van die vakgesprek binne die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Mag dit tot ‘n nuwe seisoen en ‘n nuwe geluid lei waartydens Afrikaans en Nederlands ook in die kuberruim sal klink met woord en wederwoord.”

Inderdaad. Ter viering van hierdie aankondiging plaas ons vanoggend Yves T’Sjoen se omvattende essay oor Herman de Coninck en die besonderse band wat hy met Suid-Afrika, en veral die Afrikaanse skrywers, gehad het.

 ***

En heel gepas spog die webblad vanoggend weer met baie nuwe inhoud. Aan die blogkant van sake is daar nuwe inskrywings deur Andries Bezuidenhout, Charl-Pierre Naudé en Edwin Fagel wat sy eerste kaart op die tafel in Wisselkaarten plaas. (Onthou, die biografiese besonderhede van die Vlaamse en Nederlandse digters wat aan Wisselkaarten deelneem is heel onder by “Blogs” op die hoofbanier geplaas …)

Ten slotte vestig ek graag jou aandag op die Klikbord waar daar twee kompetisies ter sprake is: eerstens die skakel na waar jy kan stem vir jou gunsteling onder die vyf genomineerde gedigte vir die Gedichtendag-plakkaat. So, gaan kyk, lees die vyf gedigte en stem vir die een wat jy die meeste van hou. En dan het Trouw ‘n kompetisie uitgeskryf vir gedigte wat handel oor plekke of streke. Jy plaas jou gedig(te), die publiek stem en voila: jy kwalifiseer vir pryse en/of opname in ‘n spesiale Gedichtendag-publikasie.

Daarom, hê pret met alles. En mag jou pad sonder duwweltjies wees vandag.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← ‘Zou de wereldbol een beetje aan het leeglopen zijn?’
Herman de Coninck. Een aangename postumiteit →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d