Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 20106 September 2013

Desmond Painter. Die middag het grys vlerke

Pavel Haas
Pavel Haas

Vroegoggend werk toe gestap om ‘n 08h00-klas te kom aanbied. Dit was een van daardie halsoorkop-herfsdae, jy weet sommer by voorbaat dit gaan nie hou nie. Die lug was ‘n amper onbeleefde blou, vol fyn wolkekrabbeltjies: veertjies wat dryf, sê ek vir myself. En inderdaad, terwyl ek hier sit en skryf, sien ek reeds hoe die middag haar grys vlerke begin klap. Sal nie verbaas wees as dit vanaand al reën nie.

Ek het die regte musiek vir hierdie soort dag gegryp toe ek by die woonstel uit is: die uitstekende Tseggiese groep, die Pavel Haas Kwartet, se eerste CD, in 2006 deur Supraphon Music uitgereik, waarop hulle Leos Janacek se Strykkwartet Nr. 2 (‘Intimate Letters’) en Pavel Haas se Strykkwartet Nr. 2 (‘From the Monkey Mountains’) speel.

Leos Janacek (1854-1928) het natuurlik geen bekendstelling nodig nie, maar Pavel Haas (1899-1944) se naam is minder algemeen bekend. Hy was, soos Janacek, Tseggies, en is kort voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog in een van die konsentrasiekampe in Auschwitz dood. Benewens hierdie strykkwartet ken ek geen van sy werk nie, maar ek sal beslis op die uitkyk wees daarvoor.

Intimate Letters (1928) en From the Monkey Mountains (1925) is beide liriese, ongedurige werke. Vol hartstog en verlange tuimel hulle deur ‘n klankruim wat heeltyd huiwer tussen onweer en skaterende son. En die Pavel Haas Kwartet is in elke opsig opgewasse vir hulle taak. Hulle spel is trefseker en gepoleerd, maar sonder om (soos die Emerson Kwartet soms) ooit klinies te klink. Ek wag in spanning vir hulle om Sjostakowitsj aan te pak…

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Desmond Painter. ‘n Sjostakowitsj vir die 21ste eeu →

1e kommentaar op “Desmond Painter. Die middag het grys vlerke”

  1. Desmond Painter says:
    16 April 2010 at 13:31

    En skielik is daar nie ‘n teken van ‘n wolk nie… Onvoorspelbare ding, die weer.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d