Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 April 201021 April 2010

Vertaler reageer op onttrekking van Heaney-teks

Hanz Mirck
Hanz Mirck

Verlede week het ek berig van Uitgeverij Meulenhoff se besluit om die Nederlandse vertaling van Seamus Heaney se bundel District and Circle uit die handel te onttrek na die verdoemende resensies deur veral Guus Middag en Onno Koster oor Hanz Mirck se vertaalde teks.

Tot nou het die vertaler hom van kommentaar weerhou, maar gister tog wel met ‘n verklaring wat volledig op De Contrabas te lese is, reageer.

Sy verskoning? Wel, soos ‘n mens maar te alle tye te wagte kan wees wanneer knoeiwerk ter sprake is, was dit volgens hom weens tydsdruk aangesien Meulenhoff die manuskrip binne 3 maande afgehandel wou gehad het; ‘n haas onbegonne taak vir Mirck aangesien hy ook nog ‘n voltydse beroep beoefen.

Maar nou ja, hy kon hom ook nie weerhou van ‘n stewige klap na die uitgewery en meer spesifiek  die hoofredakteur nie: “Maaike le Noble stelt dat ze me intensiever hadden moeten begeleiden, dat impliceert dat er begeleiding is geweest. Dat is niet zo. Er heeft een redacteur een keer naar de vertaling gekeken. Dat is geen begeleiding”, het Mirck in sy reaksie gesê. “Er zijn zo veel spel- en stijlfouten blijven staan – wat toch echt het domein van de redacteur is – dat je niet van redactie kunt spreken. De fout ligt echt niet bij mij alleen.”

Hy het ook onder andere verwys na die “bloeddorstigheid” van die media oor dié aangeleentheid en (onverwags) die twee resensente wat die tekortkominge aan die groot klok gehang het, geprys vir hul vakmanskap: ” Ik kan niet anders dan Middag en Kosters prijzen voor hun inzet om goede poëzie tot zijn recht te laten komen, want natuurlijk vind ik het erg wat er gebeurd is,” het hy in sy verklaring gesê.

Intussen het meulenhoff laat blyk dat hulle wel van plan is om ‘n omvattende keur uit heaney se poësie te laat vertaal. Maar of Hanz Mirck die vertaler van dié opwindende projek sal wees, is ernstig te betwyfel.

***

Op die webblad is daar vanoggend verskeie nuwe plasings: ten eerste, ‘n onderhoud wat met Robert Pearce gevoer is na aanleiding van ‘n brief wat hy aan dr. Michael le Cordeur geskryf het oor die kwessie van Flaaitaal, of te wel Tsotsitaal, asook ‘n nuwe inskrywing deur Desmond Painter oor ‘n komende gesprek tussen Bruce Springsteen en Robert Pinsky en vier verse uit die pen van Hennie van Coller vir vandeesmaand se Blogfokus. Ook is daar by Wisselkaarten ‘n nuwe bydrae deur Luuk Gruwez en by Nuwe Stemme een deur Hennie Meyer.

Dan, ten slotte – vandag, veertig jaar gelede het Paul Celan, sonder twyfel een van die grootste digters van die vorige eeu, selfmoord gepleeg deur in die Seine te spring. Sy lyk is egter eers tien dae later gevind waar dit vasgespoel teen ‘n rioolrooster gelê het. Die Nazi-konsentrasiekampe kon hy oorleef, maar nie die volgehoue anti-semitisme of aanklagte van plagiaat jeens hom nie. Na jare van depressie en uiteindelike senuwee-ineenstorting het hy tot dié tragiese handeling oorgegaan.

As toegif plaas ek dan vanoggend my gunstelingvers van Celan onder aan hierdie Nuuswekker. (Ongelukkig is die vertaler nie vermeld nie …)

Mooi bly.

LE

 

Corona

 

Autumn eats its leaf out of my hand: we are friends.
From the nuts we shell time and we teach it to walk:
then time returns to the shell.
 
In the mirror it's Sunday,
in dream there is room for sleeping,
our mouths speak the truth.
 
My eye moves down to the sex of my loved one:
we look at each other,
we exchange dark words,
we love each other like poppy and recollection,
we sleep like wine in the conches,
like the sea in the moon's blood ray.
 
We stand by the window embracing, and people
   look up from the street:
it is time they knew!
It is time the stone made an effort to flower,
time unrest had a beating heart.
It is time it were time.
 
It is time.
(c) Paul Celan

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d