Blogfokus
Mabalel(baie verkort)
Vinnig langs die paadjie trippel Mabalêl; Wag, wag, Mabelêl! Droom sy op die kantjie, Mabalêl, Uit die spieëlvlak omhoog
– Eugène N. Marais
***
Die koms van Raka (baie, baie baie verkort)
Die vroue het hom die eerste gewaar in die loom namiddag toe die arbeid klaar was – aan die stampblok, in die jong-groen landerye – en hulle gedrie, geviere, in dun rye met kruik en geel, wind-ligte kalbas op heup en skouer deur die stekerige gras rustig gestap het na die koel seekoegate om daar te drentel tot die bruin en laat skemering en die eerste sterre, met klam sand en sagte modder om die enkels, in die hand, om veel te lag en ure te praat, of skugterig soms een-een uit te waad deur die taai waterblomme, naak en blink… Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink, wat swart en donker is, van been en spier ‘n lening boog, en enkeld dier. Oorkant die water het hy uitgestap uit die gebreek te riete, en soos ‘n kind wat om die grap van ‘n bont kalbassie tandeloos en stil lag, wit gegryns en, neergehurk gewag.
– N.P. Van Wyk Louw
|
Raka(met apologie aan Marais en Van Wyk Louw)
‘n Vroumens het hom eers gewaar waar Raka na sy spieëlbeeld staar dromend by ‘n waterpoel … (Sý lyf was vir homself bedoel). Sug Mabalêl: “Ek móét hom hê – met Raka wil ek lepellê … Dan kan ons druk; dan kan ons soen en daarna ander dinge doen!” ‘n Krokodil het haar gewaar waar sy na Raka staan en staar; en gaan dié krokkie aan’t bewe oor haar volronde agterstewe … Sy loop verby – en sing “Tra-la! Sikelele Afrika!” Maar Raka (darie dom Adonis) dink dat haar sang maar doodgewoon is. Dus met dieper introspeksie staar hy weer na sy refleksie en wens die vroumens wil nou wyk, terwyl hy na sy spiere kyk. En toe sy buk om hom te druk, dink die krok: “Hier kom geluk …” Maar hy was skeel, ja, heel beslis; aldus het hy sy doel gemis. En daar sien Mabalêl vir Raka in die bruin reptiel se kake, en snik toe al haar drome kwyn toe hy die dieptes in verdwyn. G’n krokodil het óóit respek nie. Sug M: “Ek’s bly dit was nie ék nie!” Toe voel sy vir ‘n halfuur sleg en stap weer klingelingend weg.
– Philip de Vos
|
Philip, dis so skerp! Gee ons meer daarvan. Ek het ‘n paar jaar gelede met jou boeke kennis gemaak toe “Droomoog- Diepgrawer” vir my kleinseun in gr. 4 voorgeskryf was. Baie geniet.