Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 April 201029 April 2010

Philip de Vos. Raka & Mabalel

Blogfokus

 

Mabalel  

(baie verkort)

 

Vinnig langs die paadjie trippel Mabalêl;
vrolik klink die liedjie
wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel.
Op die voetpad sy alleen,
met die skadu’s om haar heen;
op haar kop die kruik gelig
in gedienstig’ ewewig…

Wag, wag, Mabelêl!
Is daar niks wat jou vertel-
is daar niks wat deur die duister
bang en dringend in jou ore fluister
van die vreeslike gesel
wat jou vrolik’ lied beluister,
wat jou spoor hou, Mabalêl?
 
Ver benee die palmietstele
in die bloue duister wag Lalele,
kwintessens van alles boos,
die Wreedheid self, meedoënloos;
ongeroer deur al die groot krakele
in sy diepte wag Lalele!

Droom sy op die kantjie, Mabalêl,
tot haar hart verlangend swel;
in haar peinse ongedeer,
staar sy in die diepte neer,
 
Stadig deur die rietpensele
opwaarts uit die diepte rys Lalele.
Skud jou wakker, Mabalêl!
Sien jy nie die skadu opwaarts wel?

Uit die spieëlvlak omhoog
bars ‘n skuimend’ waterboog;
Oor Rakwena, kalm en breed,
Galm ‘n enkel angsvol’ kreet;
en dan saggies weer
oor alles sak die stilte neer.
Stadig deur die rietpensele
naar die diepte sak Lalele.

 

– Eugène N. Marais

 

***

 

Die koms van Raka

(baie, baie baie verkort)

 

Die vroue het hom die eerste gewaar

in die loom namiddag toe die arbeid klaar

was – aan die stampblok, in die jong-groen landerye –

en hulle gedrie, geviere, in dun rye

met kruik en geel, wind-ligte kalbas

op heup en skouer deur die stekerige gras

rustig gestap het na die koel seekoegate

om daar te drentel tot die bruin en laat

skemering en die eerste sterre, met klam sand

en sagte modder om die enkels, in die hand,

om veel te lag en ure te praat,

of skugterig soms een-een uit te waad

deur die taai waterblomme, naak en blink…

Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink,

wat swart en donker is, van been en spier

‘n lening boog, en enkeld dier.

Oorkant die water het hy uitgestap

uit die gebreek te riete, en soos ‘n kind wat om die grap

van ‘n bont kalbassie tandeloos en stil lag,

wit gegryns en, neergehurk gewag.

 

– N.P. Van Wyk Louw

 

 

Raka

(met apologie aan Marais en Van Wyk Louw)

 

‘n Vroumens het hom eers gewaar

waar Raka na sy spieëlbeeld staar

dromend by ‘n waterpoel …

(Sý lyf was vir homself bedoel).

Sug Mabalêl: “Ek móét hom hê –

met Raka wil ek lepellê …

Dan kan ons druk; dan kan ons soen

en daarna ander dinge doen!”

‘n Krokodil het haar gewaar

waar sy na Raka staan en staar;

en gaan dié krokkie aan’t bewe

oor haar volronde agterstewe …

Sy loop verby – en sing “Tra-la! Sikelele Afrika!”

Maar Raka  (darie dom Adonis)

dink dat haar sang maar doodgewoon is.

Dus met dieper introspeksie

staar hy weer na sy refleksie

en wens die vroumens wil nou wyk,

terwyl hy na sy spiere kyk.

En toe sy buk om hom te druk,

dink die krok: “Hier kom geluk …”

Maar hy was skeel, ja, heel beslis;

aldus het hy sy doel gemis.

En daar sien Mabalêl vir Raka

in die bruin reptiel se kake,

en snik toe al haar drome kwyn

toe hy die dieptes in verdwyn.

G’n krokodil het óóit respek nie.

Sug M: “Ek’s bly dit was nie ék nie!”

Toe voel sy vir ‘n halfuur sleg

en stap weer klingelingend weg.

 

 

– Philip de Vos

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud. NP Van Wyk Louw
Verlore gunsteling →

1e kommentaar op “Philip de Vos. Raka & Mabalel”

  1. TRIENIE OOSTHUYSEN says:
    24 March 2013 at 16:31

    Philip, dis so skerp! Gee ons meer daarvan. Ek het ‘n paar jaar gelede met jou boeke kennis gemaak toe “Droomoog- Diepgrawer” vir my kleinseun in gr. 4 voorgeskryf was. Baie geniet.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d