Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 May 20108 May 2010

Meesterlike Kouwenaar

Gerrit Kouwenaar
Gerrit Kouwenaar

Vergun my vanoggend weer ‘n Nuuswekker met ‘n ietwat meer persoonlike aanslag; ‘n Nuuswekker wat handel oor die somer van ’76 en my eerste kennismaking met die poësie van Gerrit Kouwenaar. In daardie jaar was ek ‘n student aan die Universiteit van die Vrystaat en sou ek die volgende jaar met my Honneurs-kursus begin. En ek kon nie wag nie. Ek het my (toekomstige) dosent in die Nederlandse poësie verpes om my solank ‘n leesopdrag te gee waarmee ek my mee besig kon hou gedurende die lang somervakansie.

Uiteindelik het hy geswig voor my entoesiasme en aan my ‘n vergelykende studie oor die poësie van Leo Vroman en Gerrit Kouwenaar as taak gegee. Vandag besef ek dat hierdie geen vriendelike gebaar was nie, maar dat hy inderwaarheid my voortvarendheid wou beloon met ‘n opdrag wat hééltemal bokant my intellektuele vermoëns was. Hoe dit ook al sy, daardeur het hy my in kontak gebring met ‘n onvergeetlike digter: Gerrit Kouwenaar.

Daar bestaan seker verskillende redes waarom ‘n mens bepaalde digters lees. (My ander gunstelingdigter is byvoorbeeld Yehuda Amichai, wat radikaal anders is as Kouwenaar.) Maar hoekom Kouwenaar? Want, wanneer ‘n mens sý gedigte lees, kry jy onmiskenbaar die gevoel van die “perfekte woord” op die “perfekte plek”. Dit is stil poësie, soos om by spieëlgladde dam te staan waarin alles gereflekteer word sonder die geringste suggestie van diepte of beweging. En tog, en tog …

So lees ek gisteraand weer ‘n artikel in ‘n ou Poëziekrant oor die keuse uit eie werk wat Kouwenaar saamgestel het; ‘n skamele seleksie van 250 gedigte uit ‘n oeuvre wat meer as 60 jaar beslaan. En die titel van dié keur? “Vallende stilte.”

Ter illutrasie plaas ek twee van my gunsteling Kouwenaar-verse onder aan vanoggend se Nuuswekker: “Totaal witte kamer”, wat hy geskryf het na sy vrou, Paula, se dood en sy klassieke “Kijk, het heeft gewaaid”, wat hy vir sy vriend Remco Campert geskryf het.

Ai, om só te kon dig …

***

Vanoggend is daar twee belangrike essays wat sedert gister geplaas is: André Pretorius wat van Lorca se leefwêreld vertel. Onder die bloggers is daar Jo Prins se eerste bydrae en Carina Stander wat na ‘n langerige stilswye weer haar terugkeer maak. En dan is daar ten slotte ook nog die manjifieke nuwe vers deur Annie Klopper …

So – geniet dit alles en maak seker dat jou bagasierak vandag tot teen die dak volgelaai is met vreugde in alles wat jy doen.

Mooi bly.

LE

 

Totaal witte kamer

Laten wij nog eenmaal de kamer wit maken
nog eenmaal de totaal witte kamer, jij, ik

dit zal geen tijd sparen, maar nog eenmaal
de kamer wit maken, nu, nooit meer later

en dat wij dan bijna het volmaakte napraten
alsof het gedrukt staat, witter dan leesbaar

dus nog eenmaal die kamer, de voor altijd totale
zoals wij er lagen, liggen, liggen blijven
witter dan, samen –

Uit: Gerrit Kouwenaar, Totaal witte kamer. Amsterdam: Querido, 2002, p. 38.

 

Kijk, het heeft gewaaid

op het kleine bladstille plein
lagen groene bladeren die er niet hoorden

het was een zomer zoals het behoorde
totaal als de oorlog die elders woedde

terwijl de stad als een bom lag te dromen
moest er een droom zijn geweest die niet droomde

iets om even te schrikken, in woorden, terwijl
de rivier de vrienden voorbijstroomde

zij spraken over taalgebruik tandbederf aan
staande doden, schatten de roerloze tegenoever

prezen de dag tot diep in het donker, het was
zoals het altijd geweest was –

 

Uit: Gerrit Kouwenaar, De tijd staat open. Amsterdam: Querido, 1996, p.13

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Lucebert se toespraak gevind
Louis Esterhuizen. Kyk, die wind het gewaai. →

2e gedagtes oor “Meesterlike Kouwenaar”

  1. Bernard Odendaal says:
    4 May 2010 at 11:36

    Louis, daai selfde dosent het my in die Honneurs-jaar H.C. ten Berge se werk as werkstukonderwerp gegee. Gedugte taak gewees. My amper laat moed opgee!

    Reply
  2. Johann says:
    4 May 2010 at 08:31

    Louis – “Totaal witte kamer” is inderdaad een van die mooiste lykdigte of treurdigte. Ek is weer ‘n liefhebber van Vroman. Net so deksels moeilik om sy boeke in die hande te kry.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d