Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 May 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Amy Winehouse se digterlike stem

Gister ʼn kopie van Agaat gaan soek (Michiel Heyns se vertaling), as afskeidsgeskenk vir ʼn Amerikaanse kollega wat na ʼn besoek van drie maande terugkeer Berkeley toe. Vind dit eers by die vierde boekwinkel, teen hierdie tyd al in Rosebank. Maak ʼn draai by die CD-winkel langsaan en koop ʼn kombinasie van opnames deur Arnold Schoenberg, Tom Waits en Amy Winehouse. Hoekom is ek opgewonde oor Amy Winehouse? Dalk omdat sy musikale substansie teruggesit het in pop. Dalk maar net haar verruklike beehive.

Luister gisteraand by die huis Schoenberg en onthou verlangs dat Milan Kundera al iets of wat oor hom kwytgeraak het. Vind The art of the novel op die rak en lees ʼn onderhoud met Kundera oor die musikale vorm in die roman, spesifiek polifoniese struktuur.

Ek wroeg die afgelope tyd oor stem (“voice”) in gedigte. ʼn Digterlike stem oefen jy soos ʼn sanger sy/haar stem oefen. Tom Waits het sy stem drasties verander. Amy Winehouse het die stem van ʼn vyftigjarige African American Motown-sangeres, maar die lirieke van die verdwaalde twintigerjarige wat sy is.

Kan ʼn mens, soos Pessoa, met verskillende stemme skryf? Kan jou stem soms grom, soos Tom Waits, of melodieus uit die maag trompetter, soos Amy Winehouse?

Is ʼn digterlike stem aangebore? Of kan jy dit soos ʼn instrument verfyn deur tegniek? En wat maak ʼn stem uniek?

Ek voel soos ʼn buikspreker. Dalk kan ʼn digbundel uit stemme bestaan wat mekaar polifonies weerspreek.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Tom Waits en die onderkant van die straat
Desmond Painter. November se ruiter in swart →

3e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Amy Winehouse se digterlike stem”

  1. Lewies Botha says:
    12 May 2010 at 08:28

    Andries

    Ek is ‘n groot Amy Winehouse bewonderaar. Haar jazz/soul/motown stem neem my plekke. Haar CD speel knaend in my motor. Dit klink my (Huisgenoot skindernuus) asof sy haarself bietjie ge rehab (no no no )het en dalk ‘n nuwe CD binnekort sal verskyn.

    groete Lewies

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    12 May 2010 at 07:33

    Waits: Blue Valentine, Small Change (het kopie lank terug verloor), Bone Machine. (Ek bly maar ‘n sucker vir sy minder abstrakte dele.) Schoenberg: Pellias und Melisande, A Survivor from Warsaw.

    Reply
  3. Desmond says:
    11 May 2010 at 14:43

    Snaaks dat jy nou skryf oor stemme: ek sit toevallig nou in my kantoor en luister Karlheinz Stockhausen se 1968-werk, “Stimmung” vir 6 stemme en mikrofone, soos uitgevoer deur Theatre of Voices. Agterop die CD staan daar “it redefined the very notion of what vocal music is… and explores the inner world of speech and song.” Ek wonder hoe ‘n digbundel sou lees/klink as dit soos Stockhausen se “Stimmung” inmekaargesit sou word…

    Ook, omdat ek nuuskierig is: watter Waits en Schoenberg het jy gekoop?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d