Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 June 20106 September 2013

Desmond Painter. Op soek na John Lennon Park

Dit was my laaste Saterdagoggend in daardie stad, en dit was tog ondenkbaar dat ek sou vertrek sonder om die Lennon Park te besoek. Lennon, ja, soos in John Lennon, die beroemde, bebrilde Beatle. En nee, die stad waarna ek verwys is nie Liverpool, Londen of New York nie. Dit is Havana — die een in Kuba, nie die een in die Vrystaat nie.

Die John Lennon Park is in een van die stiller, minder toeristiese dele van Havana; die middelklasbuurt (ja!) Vedado. (Mense stel skynbaar meer belang in Havana se krotbuurte, soms omdat hulle armoede romantiseer, soms omdat hulle Kuba en veral Castro wil demoniseer…) My Rough Guide to Cuba se kaart van die buurt het die straatuitleg nie baie akkuraat weergegee nie, en ek het knaend verdwaal, maar elke nou en dan het een van die immer vriendelike Kubane my darem weer op die spoor gehelp. 

Kubane is natuurlik oor die algemeen baie ernstig oor musiek, en nie net oor salsa nie. Rock, folk en rap is ook groot, en in John Lennon het beide regime en jeugkultuur iets gevind om te salueer. Die John Lennon Park word so genoem oor die lewensgrootte standbeeld van hierdie sanger wat dag in en dag uit op ‘n bankie in die son sit en waghou oor die revolusie…

John Lenon in Havana
John Lennon in Havana

Op ‘n stadium was Lennon se brilletjie knaend deur toeriste en ander musikale pelgrims gesteel. Gevolglik word die brilletjie deesdae slegs opgesit as jy vra of jy ‘n foto kan neem. ‘n Middeljarige dame, wat die standbeeld gedurende die dag oppas, staan dan op, haal die bril uit haar handsak, en sit dit liefderyk vir John op. Na jy jou foto geneem het, haal sy dit weer af, sit dit veilig terug in haar handsak. Sy glimlag vriendelik en maak maar te graag geselsies in haar gebroke Engels. Ja, sy hou van Lennon se musiek, en as sy toesighouer en brilhouer word sy ‘n staatsalaris betaal…

Ek loop tevrede en lomerig my laaste draaie deur hierdie beeldskone, vervallende stad, terwyl ek neurie: “A working class hero is something to be…”

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Desmond Painter. Sportstories uit Kuba →

3e gedagtes oor “Desmond Painter. Op soek na John Lennon Park”

  1. Desmond Painter says:
    8 June 2010 at 08:38

    Oeps, ek besef ook skielik Lennon het nie gesing, “… easy to be” nie, maar “… something to be”. Moes dit gou verander.

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    8 June 2010 at 08:34

    Haha! Kyk, as mens dan nou noodgedwonge ‘n staatsamptenaar MOET wees, dan moet mens ten minste seker maak jy is John Lennon se brilwagter in Havana. Ek wonder of Castro self, by ‘n Sentrale Komitee vergadering, ges^e het: “Stel iemand aan om John Lennon se bril op te pas. Ons kan nie toelaat dat dit gesteel word nie.”

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    8 June 2010 at 08:19

    Ek kan myself ‘n toneel uit “Dis my geheim” van lank gelede voorstel, waar mense moet raai wat die geheime gas se beroep is. Wie gaan hierdie vrou se beroep kan raai? “Ek sit John Lennon se bril op en haal dit dan weer af en dan sit ek dit weer op en haal dit weer af en dan sit ek dit weer op en haal dit weer af…”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d