Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 June 20106 September 2013

Desmond Painter. Sportstories uit Kuba

Gisteroggend het ek geskryf oor my besoek aan die John Lennon Park in Havana. Vir diegene van julle wat gedink het my verwysing na die buurt Vedado as “middelklas” was sommer tong in die kies bedoel, of dalk ‘n stukkie pro-Kubaanse propaganda — en dit sal my nie verbaas as ek hiervan beskuldig word nie: om hardvogtig anti-links te wees is immers deesdae erg modieus, selfs onder digters!! — kyk ‘n bietjie na die drie foto’s wat ek op pad na die parkie geneem het:

Voetgangers in Havana
Voetgangers in Havana
Op pad na die John Lennon Park
Op pad na die John Lennon Park
Hoekhuis en Hond in Havana
Hoekhuis en Hond in Havana

Soos jy kan sien is Havana allesbehalwe ‘n plakkerskamp. Anders gestel, die revolusie probeer tog sorg vir haar kinders. Een van die maniere waarop die revolusie sorg vir haar kinders, is om sport toeganklik te maak — en dit is juis oor sport in Havana waaroor ek vanoggend wil skryf. (Let wel, nie oor sports in Havana nie; dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) Kuba blink natuurlik veral uit in boks, bofbal en atletiek, maar basketbal is ook baie gewild. Ek het een middag op pad terug na my B&B verby ‘n kleinerige stadion gestap en ‘n lawaai gehoor. Ek stap toe nader en sien die hekke is oop, jy het nie ‘n toegangskaartjie nodig nie. Binne in die stadion was dit salig koel en ek het my vir ‘n halfuur of wat verkyk aan die atletiese basketbalspelers.

Sportstadion in Havana
Sportstadion in Havana
Basketbalspelers in Havana
Basketbalspelers in Havana

Maar my vreemdste sportervaring in Havana was toe ek een middag, reg langs die see en seker so twee kilometer van die beroemde Hotel Nacional — ‘n Art Deco meesterstuk waarin almal van Hemingway tot Al Capone voor die revolusie vakansie gehou het — op hierdie verlate, seelugverweerde rugbyveld afgekom het:

Pale toe in Havana
Pale toe in Havana

Wat die geskiedenis van rugby in Kuba is, weet ek ongelukkig nie. Ek neem maar aan die revolusie maak bloot seker dat, sou een van haar seuns wou rugby speel, daar darem ‘n plekke sal wees vir hom om sy doelskoppe te oefen. Ek vermoed ook dat Fidel Castro op sy dag ‘n briljante agsteman sou gewees het. Of dalk was dit die Argentyn, Ernesto “Che” Guevara, wat aangedring het op ‘n rugbyveld! Hoe ook al, ek het dit vir ‘n rukkie ernstig oorweeg om Havana toe te verhuis en klubrugby te gaan afrig.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Op soek na John Lennon Park

5e gedagtes oor “Desmond Painter. Sportstories uit Kuba”

  1. Leon Retief says:
    19 June 2010 at 17:55

    Daar is nie so iets soos gratis sport, gratis onderwys of gratis mediese sorg nie. Daar is altyd iemand wat daarvoor betaal.

    Reply
  2. Desmond says:
    17 June 2010 at 12:55

    Castro sou wragtie nooit toegelaat het dat sport as “entertainment” so geprivatiseer word nie!! Die ander ding wat my regtig in Kuba beindruk het, was die manier waarop toegang tot die Universiteit van Havana bv. bewerkstellig is, naamlik deur ‘n soort mengsel van afstandleer en streeksgebonde satelietkampusse. Dit is die soort model waarby SA universiteit sou kon leer, eerder as om in Australie en elders se rigting te kyk.

    Reply
  3. Gerrit Brand says:
    16 June 2010 at 08:58

    As ons regering maar net minder by die romantiek van die Kubaanse revolusie vasgehaak het, en meer op ‘n praktiese vlak in sekere opsigte Kuba se voorbeeld sou volg: gratis sport, gratis onderwys, gratis mediese sorg ens. Neem nou maar die rugby. In Kuba is daar ‘n stadion vir sou iemand dalk rugby wil speel en kyk. Hier by ons kan net die 20000 of so rykes wat toegang tot ‘n private kanaal besit, rugby kyk. Skandalig!

    Reply
  4. Desmond Painter says:
    8 June 2010 at 18:58

    Ivan, miskien, miskien! Daardie veld lyk juis nie of hy onlangs aksie gesien het nie… Maar ek is nie seker hoeveel ANC-manne in Kuba was nie, hulle was mos meestal in die USSR, Oos-Europe en, wel, in Engeland. Ek was by ‘n kongres in Kuba en het wel heelwat jong studente van SA, Botswana, Namibie en elders raakgeloop. Ook in die Kubaanse platteland heelwat mans raakgeloop wat destyds in Angola geveg het. Hulle was oor die algemeen verskriklik ingenome daarmee om ‘n wit Suid-Afrikaner in “vredestyd” te ontmoet!

    Reply
  5. Ivan Mocke says:
    8 June 2010 at 18:40

    Of dalk die ANC kadres wat huis toe verlang het, Desmond? Dis tog welbekend dat van hulle vernuftige rugbyspelers was …

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d