Desmond Painter. Daar’s weer droedeltjies in die drome

By die reünie

 

Jy sê simpel goed soos:

Die maan is ‘n semenvlek

op die swart onderbroek

van die aand, en ek

 

lag, want dít is hoe ons was

soveel jare terug

vol dooswyn en gedigte.

 

By die bicycle shed ‘n laaste sigaret.

Jy sê: Kyk, ek suig die aand

deur ‘n strooitjie op

tot die laaste droesem leeg;

 

en ek sê: Nee, soos ‘n Kreepy

Krauly wat laatnag lug sluk

in ‘n voorstedelike swembad –

 

onthou jy daardie geluid?

 

 

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Desmond Painter. Daar’s weer droedeltjies in die drome”

  1. Bibi :

    Desmond!

    mooi… mooi mooi mooi. jou laaste lyn is belaglik-goed. (op ondaatje standaard!)

    ‘n Vraag: hoe besluit jy waar om die ree”lbreuke te maak? Joune is onvoorspelbaar (op die beste moontlike manier)- of mis ek iets?

  2. Desmond Painter :

    Dankie! Ek het inderwaarheid al die voorgaande re”els geskryf sodat ek rede kon h^e om: ‘onthou jy daardie geluid?’ te skryf…

    Die re”elbreuke in hierdie enetjie was ‘n probleem op party plekke, en ek het nog daarmee gesit en speel voordat ek “PUBLISH” gedruk het — soos ‘n hapless Bond-baddie wat die rooi knoppie druk om sy Wapen Van Massavernietiging op die w^ereld los te laat, net om dan deur die James Bonds van die liter^ere MI-5 in sy spore gestuit te word…

    Maar basies wou ek wat re”els betref 4-3-4-3-1 h^e (hoekom weet ek nie; seker oor ek van ‘n patron hou), met die laaste een op sy eie om dit te aksentueer. “vlek” en “ek” het toevallig gerym; en “en ek” moes beslis alleen bly hang aan die einde van die strofe.

    Meestal is dit intu”itief gedoen en as ek nou regtig wou gedigte skryf sou ek seker harder moes dink hieroor. Maar die intu”isie het iets te make met klankpatrone (waarvan daar nie in hierdie een baie geluide is nie), leesritme en aksentuering. Dit werk in hierdie poging beslis nie end-uit nie; re”ls 11-13 veral klink vir my ietwat lomp en die breuke ietwat arbitr^er wanneer ek dit hardop lees.

    Die Kreepy Krauly is daar oor dit klink soos ‘creepy’, omdat hulle regtig onhelspellend roggel wanneer hulle lug sluk, en omdat ek nog altyd gedink het daar behoort Kreepy Kraulies in Afrikaanse gedigte wees. Dis immers ‘n Proudly South African produk, en deel van ons voorstedelike psige!

    Maar natuurlik; dit is ‘n droedel. Die hele ding is aritr^er!

  3. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, ek hou baie daarvan. Die Suid-Afrikaner wat die Kreepy Krauly uitgevind het, het blykbaar terstond in Kalifornie” afgetree. Ek was nog nie in daardie deel van die VSA nie, maar om een of ander rede voel dit vir my asof dit naby aan ons eie voorstedelike psige kom.

  4. Wysneus :

    Desmond, jou kreepy het my teruggeneem, soos ‘n franse koekie, na my jeug. Dus:

    Saans, as die lang skadus stil stil smelt,
    trek ons beige gordyne toe teen die nag.
    Ma maak dieselde kerrie en rys.
    In ons hemelse huis is daar, net nou,
    vrede.

    Buite sak die hoëveld se koue neer
    soos slegte skuld op die vaal vaal dorp,
    die kreepy snak benoud die dieptes in,
    en lae vingers rook sluip geruisloos,
    ongesiens
    langs die leë-stil strate af.

    Iewers kry die kaffers koud.

  5. Desmond Painter :

    Wysneus, welkom terug! Dog ek het jou die pad laat vat na ek jou in ‘n vorige inskrywing ‘n ‘skuilskrywer’ of so iets genoem het… Ek hou van “die kreepy snak benoud die dieptes in”.

  6. Desmond Painter :

    Andries, ek dink jou suspisie oor die Amerikaanse voorstedelikheid en ons eie, veral Afrikaanse voorstedelikheid, is korrek, al was ek nog nooit in die VSA nie. Toe ek jonk was het familielede altyd ‘n grappie vertel waarin die ‘tuinboy’ (soos hulle hom genoem het) deur die ‘baas’ vertel word die Kreepy is soos ‘n kamera of iets was opcheck op hom. Ek onthou nie die grappie nie, net dat dit maar smaakloos was.

  7. Wysneus :

    Nee, Desmond, ek het ‘n dik vel. En ‘n dik skedel.

  •