Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 July 20106 September 2013

Desmond Painter. Daar’s weer droedeltjies in die drome

By die reünie

 

Jy sê simpel goed soos:

Die maan is ‘n semenvlek

op die swart onderbroek

van die aand, en ek

 

lag, want dít is hoe ons was

soveel jare terug

vol dooswyn en gedigte.

 

By die bicycle shed ‘n laaste sigaret.

Jy sê: Kyk, ek suig die aand

deur ‘n strooitjie op

tot die laaste droesem leeg;

 

en ek sê: Nee, soos ‘n Kreepy

Krauly wat laatnag lug sluk

in ‘n voorstedelike swembad –

 

onthou jy daardie geluid?

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. ‘n Droedel oor Aanvaarding
Desmond Painter. Dis weer droedeltyd in die Boland! →

7e gedagtes oor “Desmond Painter. Daar’s weer droedeltjies in die drome”

  1. Wysneus says:
    23 July 2010 at 18:26

    Nee, Desmond, ek het ‘n dik vel. En ‘n dik skedel.

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    23 July 2010 at 18:02

    Andries, ek dink jou suspisie oor die Amerikaanse voorstedelikheid en ons eie, veral Afrikaanse voorstedelikheid, is korrek, al was ek nog nooit in die VSA nie. Toe ek jonk was het familielede altyd ‘n grappie vertel waarin die ‘tuinboy’ (soos hulle hom genoem het) deur die ‘baas’ vertel word die Kreepy is soos ‘n kamera of iets was opcheck op hom. Ek onthou nie die grappie nie, net dat dit maar smaakloos was.

    Reply
  3. Desmond Painter says:
    23 July 2010 at 17:54

    Wysneus, welkom terug! Dog ek het jou die pad laat vat na ek jou in ‘n vorige inskrywing ‘n ‘skuilskrywer’ of so iets genoem het… Ek hou van “die kreepy snak benoud die dieptes in”.

    Reply
  4. Wysneus says:
    23 July 2010 at 17:42

    Desmond, jou kreepy het my teruggeneem, soos ‘n franse koekie, na my jeug. Dus:

    Saans, as die lang skadus stil stil smelt,
    trek ons beige gordyne toe teen die nag.
    Ma maak dieselde kerrie en rys.
    In ons hemelse huis is daar, net nou,
    vrede.

    Buite sak die hoëveld se koue neer
    soos slegte skuld op die vaal vaal dorp,
    die kreepy snak benoud die dieptes in,
    en lae vingers rook sluip geruisloos,
    ongesiens
    langs die leë-stil strate af.

    Iewers kry die kaffers koud.

    Reply
  5. Andries Bezuidenhout says:
    23 July 2010 at 14:56

    Desmond, ek hou baie daarvan. Die Suid-Afrikaner wat die Kreepy Krauly uitgevind het, het blykbaar terstond in Kalifornie” afgetree. Ek was nog nie in daardie deel van die VSA nie, maar om een of ander rede voel dit vir my asof dit naby aan ons eie voorstedelike psige kom.

    Reply
  6. Desmond Painter says:
    23 July 2010 at 08:46

    Dankie! Ek het inderwaarheid al die voorgaande re”els geskryf sodat ek rede kon h^e om: ‘onthou jy daardie geluid?’ te skryf…

    Die re”elbreuke in hierdie enetjie was ‘n probleem op party plekke, en ek het nog daarmee gesit en speel voordat ek “PUBLISH” gedruk het — soos ‘n hapless Bond-baddie wat die rooi knoppie druk om sy Wapen Van Massavernietiging op die w^ereld los te laat, net om dan deur die James Bonds van die liter^ere MI-5 in sy spore gestuit te word…

    Maar basies wou ek wat re”els betref 4-3-4-3-1 h^e (hoekom weet ek nie; seker oor ek van ‘n patron hou), met die laaste een op sy eie om dit te aksentueer. “vlek” en “ek” het toevallig gerym; en “en ek” moes beslis alleen bly hang aan die einde van die strofe.

    Meestal is dit intu”itief gedoen en as ek nou regtig wou gedigte skryf sou ek seker harder moes dink hieroor. Maar die intu”isie het iets te make met klankpatrone (waarvan daar nie in hierdie een baie geluide is nie), leesritme en aksentuering. Dit werk in hierdie poging beslis nie end-uit nie; re”ls 11-13 veral klink vir my ietwat lomp en die breuke ietwat arbitr^er wanneer ek dit hardop lees.

    Die Kreepy Krauly is daar oor dit klink soos ‘creepy’, omdat hulle regtig onhelspellend roggel wanneer hulle lug sluk, en omdat ek nog altyd gedink het daar behoort Kreepy Kraulies in Afrikaanse gedigte wees. Dis immers ‘n Proudly South African produk, en deel van ons voorstedelike psige!

    Maar natuurlik; dit is ‘n droedel. Die hele ding is aritr^er!

    Reply
  7. Bibi says:
    23 July 2010 at 08:20

    Desmond!

    mooi… mooi mooi mooi. jou laaste lyn is belaglik-goed. (op ondaatje standaard!)

    ‘n Vraag: hoe besluit jy waar om die ree”lbreuke te maak? Joune is onvoorspelbaar (op die beste moontlike manier)- of mis ek iets?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d