Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 July 20106 September 2013

Desmond Painter. ‘n Droedel oor Aanvaarding

Aanvaarding

(baie vry na ‘n gedig van Ziya Osman Saba)

 

Ek aanvaar die lewe waarin ek gebore is.

Ek aanvaar my gesig, die kleur van my vel.

Ek aanvaar hier en daar, ek aanvaar

Brackenfell, ek aanvaar die tong wat toeval

vir my uitgesteek het, al die kwynende klanke.

Ek’s ‘n man en ek aanvaar dit. Getroud, kinderloos

nog aanvaar ek, soos dat ek bogronds dwaal

maar ondergronds dood sal wees.

Ek aanvaar die bitterals van die lewe:

die fronsende gesig, die tewerige tong.

Ek aanvaar die bedelaar en die honger kind.

Daar’s ‘n oorlog, ek aanvaar dit; die bittereinder,

die vredesduif, die koerantverkoper,

en elke slaaf van God aanvaar ek.

Kontinente en valleie, koepelsvol son.

Ek aanvaar ek aanvaar ek aanvaar ek aanvaar.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Desmond Painter. Droedel-ie-doe!
Desmond Painter. Daar’s weer droedeltjies in die drome →

5e gedagtes oor “Desmond Painter. ‘n Droedel oor Aanvaarding”

  1. Desmond says:
    5 July 2010 at 07:34

    Daniel, ja, ek lees die herhaalde “Ek aanvaar” ook so. In die Turkse weergawe (oftewel, in die Engelse vertaling van die Turkse weergawe), word dit net drie keer herhaal.

    Ek het ‘n stapeltjie Turkse gedigte wat, lyk dit my, nie baie goed in Engels vertaal is nie. Ek skryf die Engels so vinnig moontlik oor in Afrikaans, en speel dan met die Afrikaanse teks totdat dit vir my lyk na ‘n gediggerige ding. Sommer vir die pret. Dit is nie as vertalings bedoel nie. Ek teer op die oorspronklike digter se idees, soms sy beelde, en probeer my eie Afrikaanse kleure, klanke en ritmes inbou.

    Twee ander Turke het dieselfde “treatment” gekry so ‘n maand of twee gelede:

    https://versindaba.co.za/2010/05/02/uit-my-ou-droedelsak/

    Reply
  2. Desmond says:
    5 July 2010 at 07:29

    Jelleke en Chris, ja, mens kan nie altyd maar berus nie… Wat my van die oorspronklike Turkse gedig aangespreek het, is juis daardie herhaling van “Ek aanvaar” aan die einde; soos wanneer mens in ‘n argument met jou partner uitroep, “OK, OK, OK” — wat gewoonlik beteken, “OK vir nou”, ‘n tydelike skietstilstand.

    Chris, wat hierdie een ‘n droedel maak is albei die goed wat jy noem: dit is in die kantlyn geskryf (op die bladsy skryf ek ‘n akademiese teks) en baie vinnig (terwyl ek vir Claire se oproep wag sodat ons vir middagete in die dorp kan ontmoet.)

    Reply
  3. Daniel Hugo says:
    3 July 2010 at 10:34

    Desmond, ek sien op Wikipedia dat Ziya Osman Saba (1910-157) ‘n Turkse digter is. Dit verklaar die frase “elke slaaf van God”, wat die Moslem-benaming vir ‘n gelowige is. Ek lees die herhaling in die slotreël, “Ek aanvaar ek aanvaar ek aanvaar ek aanvaar” as deels ironies. Geen gelowige Moslem is veronderstel om “die bedelaar en die honger kind” te aanvaar nie, en sekerlik ook nie oorlog nie.

    Reply
  4. Chris Coolsma says:
    3 July 2010 at 05:56

    Desmond, die droedel is pragtig. Dit nodig uit om te peins oor so baie vrage. Aanvaar ek self ook in dié mate? Wat maak dat ek partykeer aanvaar, partykeer opstandig is? Want die berusting is tog maar ‘n aaklig ding. Verstandig maar aaklig. Berusting is ‘n tussenpouse. Daar is te baie sake om te beveg.

    En oor die tegniek: Is nie elk gedig ‘n droedel? Wat maak hierdie gedig meer droedel as andere gedigte? Dat jy dit vinnig neerpen en nie verder bewerk nie? Dat jy dit in die kantlyn van andere gedagtes het geskryf?

    Dit kommentaar is ook ‘n droedel.

    Reply
  5. Jelleke Wierenga says:
    2 July 2010 at 21:15

    Ja, om te aanvaar, ander te aanvaar, maar veral jouself te aanvaar, om onverstaanbaarhede te aanvaar, om die onaanvaarbare te aanvaar, daarin lê seker die rus waarna ons smag. Maar lê die sin van die lewe nie daarin om te lewe nie, en hoe kan jy lewe as jy alles aanvaar? Om te aanvaar dat jy nie aanvaar nie, daarin lê seker ook aanvaarding van jou lot.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d