Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 August 20105 August 2010

Hofuitspraak: Kafka-nalatenskap moet openbaar gemaak word

Franz Kafka
Franz Kafka

Dit is welbekend dat Max Brod, jarelange vriend en vertroueling van Franz Kafka, nooit aan sy vriend se versoek dat al sy manuskripte en korrespondensie met sy dood vernietig moet word, voldoen het nie. Indien hy het, sou die moderne letterkunde ongetwyfeld vandag sonder een van sy belangrikste hoekpilare gestaan het …

Nietemin, toe Brod in 1939 na Israel uitgewyk het, het hy etlike onopgemaakte kartonhouers met manuskripte en briewe van Kafka saam met hom geneem. Daar het hy dit aan sy sekretaresse, Esther Hoffe, nagelaat, wat dit weer op háár beurt aan haar dogters, Eva Hoffe en Ruti Wisler, nagelaat het; steeds sonder dat die inhoud van dié kartonhouers bekend gemaak is.

Intussen het die Israeliese Nasionale Biblioteek egter ‘n saak teen die bejaarde Hoffe-susters aanhangig gemaak met die eis dat die inhoud van die genoemde houers openbaar gemaak moet word en volgens ‘n berig in The Guardian het regter Talia Koppelman dan inderdaad verlede week uitspraak gegee ten gunste van die Biblioteekdienste se eis.

So, beteken dit dat ons kan uitsien na ‘n hernieude belangstelling in die werke van hierdie literêre reus?! Ai, ai … Wat ‘n wonderlike vooruitsig.

***

Dan wil dit voorkom asof ons bloggers na ‘n stewige begin Maandag-oggend ietwat stoom begin verloor het aangesien daar vanoggend net een bydrae is om te rapporteer en dit is Andries Bezuidenhout wat reageer op ‘n artikel van Marius Crous wat oor debutante sedert 2000 handel en op The Free Library se webblad gelees kan word.

En bly maar op die uitkyk vir die struikrowers vandag, hoor.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop
  • Natasha Harmse. As ek na Desember luister

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d