Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 August 20105 August 2010

Hofuitspraak: Kafka-nalatenskap moet openbaar gemaak word

Franz Kafka
Franz Kafka

Dit is welbekend dat Max Brod, jarelange vriend en vertroueling van Franz Kafka, nooit aan sy vriend se versoek dat al sy manuskripte en korrespondensie met sy dood vernietig moet word, voldoen het nie. Indien hy het, sou die moderne letterkunde ongetwyfeld vandag sonder een van sy belangrikste hoekpilare gestaan het …

Nietemin, toe Brod in 1939 na Israel uitgewyk het, het hy etlike onopgemaakte kartonhouers met manuskripte en briewe van Kafka saam met hom geneem. Daar het hy dit aan sy sekretaresse, Esther Hoffe, nagelaat, wat dit weer op háár beurt aan haar dogters, Eva Hoffe en Ruti Wisler, nagelaat het; steeds sonder dat die inhoud van dié kartonhouers bekend gemaak is.

Intussen het die Israeliese Nasionale Biblioteek egter ‘n saak teen die bejaarde Hoffe-susters aanhangig gemaak met die eis dat die inhoud van die genoemde houers openbaar gemaak moet word en volgens ‘n berig in The Guardian het regter Talia Koppelman dan inderdaad verlede week uitspraak gegee ten gunste van die Biblioteekdienste se eis.

So, beteken dit dat ons kan uitsien na ‘n hernieude belangstelling in die werke van hierdie literêre reus?! Ai, ai … Wat ‘n wonderlike vooruitsig.

***

Dan wil dit voorkom asof ons bloggers na ‘n stewige begin Maandag-oggend ietwat stoom begin verloor het aangesien daar vanoggend net een bydrae is om te rapporteer en dit is Andries Bezuidenhout wat reageer op ‘n artikel van Marius Crous wat oor debutante sedert 2000 handel en op The Free Library se webblad gelees kan word.

En bly maar op die uitkyk vir die struikrowers vandag, hoor.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Jolyn Phillips
  • Resensie: Joan Hambidge: amberKAMER (Karen de Wet)
  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  2. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  3. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  4. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Kaapse draai23 October 2026

    Dankie, Joan. Die getekende gebeure verteenwoordig almal werklike voorvalle, hoewel nie op ‘n enkele dag ervaar nie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d