Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 August 201020 December 2012

Desmond Painter. Marais & Engels in Bremen

Friedrich Engels
Friedrich Engels

Het jy gedink Danie Marais was die eerste ou wat in Bremen oor die ekspat-ervaring en ekonomiese nomades uit Afrika aan die dig geraak het? Dink dan weer! Meer as ‘n 150 jaar voor hom het Friedrich Engels ook vir ‘n wyle in Bremen gewoon (hy was ‘n klerk by ‘n uitvoeronderneming), en sy eerste gepubliseerde skryfsel, ‘n gedig met die titel ‘The Bedouin’, het op 16 September 1838 in die Bremisches Conversationsblatt verskyn. Hier is die gepubliseerde weergawe:

The Bedouin – deur Friedrich Engels

Now the bell rings, and suddenly
The silken curtain swift ascends.
And all in hushed expectancy
Wait for the evening to commence.

No Kotzebue commands the scene
To set the merry audience roaring.
No Schiller of the earnest mien
Steps forth, his golden words outpouring.

Sons of the desert, proud and free,
Walk on to greet us, face to face;
But pride is vanished utterly,
And freedom lost without a trace.

They jump at money’s beck and call
(As once that lad from dune to dune
Bounded for joy). They’re silent, all,
Save one who sings a dirge-like tune.

The audience, amazed and awed
By what these acrobats can do,
Applauds them, just as it applauds
The trumperies of Kotzebue.

Fleet nomads of the desert lands,
You’ve braved the sun’s fierce noontide rays
Through harsh Morocco’s burning sands,
Through valleys where the date-palms sway.

And through the garden paradise
Of Bled-el-Djerid once you swept.
You turned your wits to bold forays.
Your steeds to battle proudly stepped.

You sat there, where moon lustres spill
By rare springs in a palm-tree grove,
And lovely lips with gracious skill
A fairy-story garland wove.

Sleeping in narrow tents you lay
In love’s warm arms, with dreams all round,
Till sunrise ushered in the day
And camels made their bellowing sound.

They jump at money’s beck and call,
And not at Nature’s primal urge.
Their eyes are blank, they’re silent, all,
Except for one who sings a dirge.

*** 

Volgens Marx se biograaf Francis Wheen was hierdie gedig Engels se eerste gepubliseerde werk, maar ook sy eerste kennismaking met ‘the censoriousness of bourgeois editors.’ Inderdaad: die laaste strofe was nie deur Engels self geskryf nie, maar ‘n plaasvervangende invoegsel geskep deur die redakteur van die tydskrif! Volgens Wheen het die oorspronklike gedig ‘began by lamenting that the Bedouin – “sons of the desert, proud and free” – had been robbed of that pride and freedom, and were now mere performing exhibits for the amusement of tourists. It ended with a stirring battle-cry:

Go home again exotic guests!

Your desert robes do not belong

With our Parisian coats and vests,

Nor with our literature your song!

Die stanza waarmee die gepubliseerde weergawe eindig was sonder Engels se medewete of toestemming ingevoeg, en sy oorspronklike weggelaat. “Thus an angry exhortation was reduced to nothing more than a melancholy, rueful shrug of the shoulders. Engels was understandably displeased: in his primitive fashion he had already noticed that society is shaped by economic imperatives, but the editor would not allow him to name or condemn the culprits” (Francis Wheen, Karl Marx, 1999, Fourth Estate, London, pp. 77-78).

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Rockers en digters, vervolg…
Danie Marais. Suid-Afrika – ‘n rap-sodie op die boud →

4e gedagtes oor “Desmond Painter. Marais & Engels in Bremen”

  1. Desmond says:
    20 August 2010 at 13:40

    Daniel, inderdaad! En goeie idee. Ek het die gedig waarna jy verwys in elektroniese formaat op Poetry International se webblad opgespoor: http://southafrica.poetryinternationalweb.org/piw_cms/cms/cms_module/index.php?obj_id=9417

    “HAWAD, DER EINZIGE DICHTENDE TUAREG”

    ‘Paris, hier bin ich
    meinem Kopf vorauseilend,
    Meinem Kopf eines ewigen Tuareg-Piraten
    Sinnbild des Schmerzes,
    ich komme, hier bin ich
    den Tabak der Ironie kauend.’
    Hawad, ‘Horizontenentführung’

    Beste Hawad

    Toe jy op die verhoog verskyn het
    hier in Bremen
    voor ‘n afgerigte gehoor vol ontwerpersbrille
    het ek nie geweet wat om te verwag nie.

    Op die feesprogram van International Poetry on the Road
    word jy as “die enigste digtende Toeareg”
    geadverteer.
    Daar is min dinge wat my so minagtend laat snork
    as hierdie soort neerbuigende politieke korrektheid.
    Hulle kon jou net so wel as
    ‘olifantman’ of ‘vuurvreter’ aankondig.

    Maar toe jy, Hawad,
    met jou willewragtag-James Brown-afro en denimbaadjie
    begin brom en breek in Toeareg
    was ek net bly dat hulle jou genooi het.

    In ’n stywe Noord-Duitse lesingsaal het jy my laat hoor
    hoe mens in die moedertaal van woestyn
    streng met voorvadergeeste en Navo moet praat;
    hoe jy die wilde woestynwind paai
    in ’n sterwende taal.

    Hawad,
    as jy so sou te kere gaan op ‘n straathoek
    sal hulle jou opsluit.

    As jy so sou huil en bid
    op ’n anonieme sterfbed in Parys
    sal die mense dink jy praat in tale
    en die dosis verdubbel.

    Beste Hawad
    Ek wens jy kon weet
    hoe ek verstaan –
    verstaan van praat
    met ’n koue, nat Novembernag in ’n taal
    wat my vrou nie verstaan nie;
    hoe ek weet van skipbreuk-roei met die tong
    in ’n sinkende idioom.

    Hawad, ek sien jy weet hoe dit voel
    om dooie woorde te slinger na stilte
    as die diep woestynnag
    oor jou tent kom buk
    om die kampvuur uit te doof.

    Reply
  2. Danie Marais says:
    16 August 2010 at 13:34

    Ek bedoel ” ‘n heel gepaste gebaar”.

    Reply
  3. Danie Marais says:
    16 August 2010 at 13:32

    Ja-nee, tik my om met ‘n veertjie. Wat is dit met Bremen en uitgewekenes en nomadiese volke? Maar ek het nie so ‘n probleem met ‘n blote “melancholy, rueful shrug of the shoulders” soos Engels nie. Meesal ‘n hele gepaste gebaar.

    Reply
  4. Daniel Hugo says:
    14 August 2010 at 15:40

    Desmond, ‘n baie interessante stuk. Nou moet jy nog net vir ons plesier Danie Marais se gedig oor Hawad, die Toeareg-digter, hier plaas. Daar is verbluffende ooreenkomste tussen die gedigte van Engels en Marais- selfs al lê die twee tekste meer as 150 jaar uitmekaar! Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde. Veral in die digkuns.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d