Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 October 201016 May 2011

Danie Marais. Suid-Afrika – ‘n rap-sodie op die boud

Suid-Afrika – ‘n rap-sodie op die boud

 

Suid-Afrika, Mzansi, mamma, baby,

Delilah, fokkit, definitely maybe

jy’t ‘n goue lepel in my wit wiegie gelê

‘n mal siembamba in my are gesê

‘n oranje blanko blou tjek geskryf

waarmee ek nou my gat blink vryf

 

Suid-Afrika, District 9, home invader,

vaderland, fokop, kolonie, Darth Vader

dankie baie vir my bek vol tande

dankie vir niks en jou Krugerrande

ek wil nog altyd offer wat jy vra

maar wat dit is, weet nugter, bra

 

Talk about taking the post-colonial wrap

washing it down with new pc clap trap

ek weet selfbejammering is baie slegte maniere

en gedigte maar praatjies om bang braaivleisvure

maar ek vat my cue van daai baardbek-Beat

Ginsberg en sy white negro sounds of the street

 

Ja, Ginsberg en sy righteous bongo’s en bongs

Ginsberg met sy sad-ass woe is me songs

“America I’ve given you all

and now I’m nothing”

Puhlease! The bums have lost Mr Ginsberg, Mr Lebowski

en Eminem het jou ghetto’s klaar leegge-Bukowski

 

Black South Africa

I wish I could be one of your kids

Black South Africa

Thabo looks nothing like this

White South Africa

it’s all over Facebook and on TV

White South Africa

it was never meant to BEE

ja, wit Suid-Afrika

jy’s ‘n wesie van die wind

wit Suid-Afrika

dooie perd van Klaas Geswind

 

Suid-Afrika, hei, ek praat met jou

en dis baie soos bid en amper soos rou

moet net nie vir my kyk nie

as ek met jou praat nie

ek kan jou groot, leë oë nie

op my middelklas-wrewel verdra nie

 

Suid-Afrika, ek wens ek kon glo

in die groot makoeloe daarbo

in jou rainbow, jou renaissance

of jou voortrekkerwaens

 

Oh, where do you go to my lovely

when you’re alone in your shack?

I don’t know the thoughts that surround you

’cause I can’t look inside your head,

no I can’t, no I can’t

 

Suid-Afrika, yes master, ja baas, jy het my

ek weet ek’s net so siek soos jy –

‘n sucker vir majeur-akkoorde

‘n gifsmous van leë woorde

 

Suid-Afrika, versuip my in jou oersop

slaan my weer assamblief met jou snotsambok

bedek my met jou berge nog so blou

tart my met jou strande, laat my altyd onthou

van Slagtersnek, Boipatong en Ouma se kos

laat jou honger tsotsi’s almal op my los

 

want jy is die waarheid, my dwaalweg en my lewe

die stom god voor wie se aangesig ek steeds bewe

 

© Danie Marais. Voorgelees by die US Kollokwium op 17 Oktober 2010.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Marais & Engels in Bremen
Desmond Painter. Rock ‘n roll in Stellenbosch →

5e gedagtes oor “Danie Marais. Suid-Afrika – ‘n rap-sodie op die boud”

  1. Francois Jordaan says:
    17 October 2010 at 22:01

    Andries: LOL (wat’s dit in Afrikaans? LUL? Whoops.)
    Danie: Kolskoot. Dit laat my uitsien na die volgende bundel. En doen vir ons ‘n live weergawe om ‘n braaivleisvuur in Desember.

    Reply
  2. Danie says:
    12 October 2010 at 11:52

    Die ergste van alles is dat ek die rymery verskriklik geniet het. Maar ja, ek sing net as Karlien nie teenwoordig is nie. Sy sê my cringe-kleppie werk nie behoorlik nie.

    Reply
  3. Desmond says:
    12 October 2010 at 09:10

    Mense wat nie die aand van die kollokwium teenwoordig was nie sal dit ongelukkig nie weet nie, maar Danie Marais het die aanhaling uit die Peter Sarstedt song GESING… Hy is natuurlik ‘n nootvaste, welluidende bariton, ugge-um.

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    12 October 2010 at 08:04

    Nou weet ons die land is in GROOT moeilikheid. Danie Marais RYM! 🙂

    Reply
  5. Evette Weyers says:
    12 October 2010 at 06:14

    Sjoe!! Dit wil gesê word. Vintage Danie Marais

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d