Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 September 202625 September 2026

Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

 

 

 

Klara du Plessis

 

 

 

Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Wenner: Klara du Plessis vir Ek’t Act (Karavan Press)

Commendatio: Ronelda Kamfer

Klara du Plessis se Ek’t Act verteenwoordig ’n belangrike verskuiwing in die nuwer diaspora-literatuur. Dit breek weg van die sentimentele, voorspelbare gegriefdheid en nostalgie van Suid-Afrikaners wat in die buiteland verlang na ’n idolized verlede wat in werklikheid nooit so bestaan het nie.

Wanneer die beoordelingskriteria vra of ’n bundel die leser met ’n helder stem betower, is die antwoord ja. Dit is egter ’n betowering wat gestroop is van pretensie en goedkoop sentiment. Afrikaans word ontwortel en in ’n vreemde, meertalige konteks geplaas waar dit moet veg vir eie meaning. Die leser word gedwing om die ongemak van verplasing self te ervaar. Du Plessis gebruik taal as ’n argitektoniese materiaal, die wyse waarop Afrikaans, Engels en die stiltes tussenin bots, getuig van ’n deurtastende begrip van die meganika van vertaling en taalkundige hibriditeit. Dit is ’n bundel wat Afrikaans uit sy selfbesorgde isolasie haal en in gesprek plaas met globale debatte. Dit is nie ’n museumstuk nie, maar ’n lewendige, buigsame medium.

Hierdie werk herinner ons aan wat poësie wesenlik behoort te wees. Antjie Krog het eenkeer gesê:

“om te kan skryf moet ek myself binne kom
deur my te buite te gaan
ek verlaat die daglig
die sleur van gefabriseerde stemme
en gaan ondergronds”

’n Ingetoë, noodsaaklike proses van selfondersoek en dokumentasie. In ’n era waar die cult van prestasie en verhooggeraas die inherente betekenis van die kunsvorm dikwels overshadow, moet digters kies om die dokumentering van menslike ervaring bo die spektakel te stel.

As digters moet ons leer om terug te staan, die gaze moet uitzoom sodat ons weer stil waarnemers kan word van die wêreld wat ons bewoon. Ons moet krities vra of die literatuur steeds in die regte rigting groei. Want op die mees fundamentele vlak is poësie nie ’n loud performance  nie, dit is ’n fluistering, soos die wind, met stil krag wat net gehoor word wanneer ons ophou om te roep.

Klara du Plessis speel met daai stilte en krag. Vir haar moed, tegniese vernuf en visie om Afrikaans sonder om verskoning te maak in die wêreld te herbepaal, behoort die Breytenbach-prys aan haar. Dit is ’n ereloon wat die nalatenskap dra van Breyten Breytenbach, ’n skrywer wie se eie geskiedenis van exile en isolation en internasionale relevansie die verhoog geskep het waarop Afrikaans as ’n wêreldtaal van verset, vryheid en genuanseerde menslikheid kan staan.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Ek’t Act” (Klara du Plessis)

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d