Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 October 201016 May 2011

Louis Esterhuizen. Kattebak-blues

kattebak-blues

 

ek dink daar’s iets agter in die kattebak

ek vermoed venyn van lank tevore

met handsak, trui of jas –

dalk ‘n noodwiel, gereedskap of ding

wat nie werk nie

ek vermoed hobbelpaaie

van verdwalings, die skuilings

teen koue

 

ek dink daar’s iets agter in die kattebak

ek vermoed ‘n man in baadjie en das

hy probeer verduidelik

die bevindings van pythagoras, dalk

‘n dorpie ingestip

tussen oewer en rant, ‘n kerkklok

herwaarts getroues

luister

 

ek dink daar’s iets agter in die kattebak

ek vermoed kinders wat speel iewers

met ‘n bal, stok of ding –

dalk ‘n peloton wat hurkend wag

op uitgegroeide gras

ek vermoed koue, die bevel

om in te beweeg

luister

 

ek dink daar’s iets agter in die kattebak

ek vermoed ‘n unimog, ‘n man

wat iets skreeu na

alle fronte: die swart gevaar, oraloor –

iets ratel, ek vermoed hy sing

die blou van ons hemel, die dieptes

van ons see ek verwag

geen genade

 

geen nkosi sikelele

geen malup hakanyiswu phando iwayo

geen genade

 

ek vermoed padblokkades

die nag soos ‘n sardientjieblik teruggerol

met flitsende ligte, donker stemme

ek vermoed please step out of your vehicle, sir

krakerige stemme oor walkie talkies ek hoor

 

please put your hands behind your back, sir

die blou van ons hemel, die dieptes

van ons see ek verwag

geen genade

 

ek vermoed die kar is afgeskryf

 

 

© Louis Esterhuizen. Okt 2010

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Suiderland-blues
Joan Hambidge. Versindaba-kroniek 2010 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d