Desmond Painter. ‘…love like a newspaper tattered and stained…’

As jy die woorde ‘Spring and All’ google kom jy heel eerste af op die baie bekende gedig van William Carlos Williams. Dit begin so: ‘By the road to the contagious hospital/ under the surge of the blue/ mottled clouds driven from the/ northeast – a cold wind.’ Jy kan die hele gedig hier lees. Terloops, ‘Spring and All’ was ook die titel van die bundel gedigte wat Williams in 1923 gepubliseer het; ‘n bundel wat ook sy beroemde (dalk beroemdste?) gedig ‘The Red Wheelbarrow’ ingesluit het. 

Greg Brown

Greg Brown

Maar die woorde ‘Spring and All’ herinner my nie heel eerstens aan Williams se gedig nie. Nee, vir my is ‘Spring and All’ eerstens die naam van ‘n country-liedjie deur Greg Brown, ‘n liedjie wat my veral in die weergawe van Mary Chapin Carpenter aanspreek. Dit is een van mooiste, mees melancholiese, mees liriese goed wat ek al ooit gehoor het; dit gaan my verstand te bowe dat Greg Brown nie in dieselfde asem as mense soos Bob Dylan, Paul Simon en Bruce Springsteen genoem word wanneer daar na Amerikaanse liedjieskrywers verwys word nie. Seker maar oor hy as ‘country’ gekategoriseer word. Musikale grense, en musikale grenswagters, is nou maar eenmaal ‘n onding! Hier is die lirieke; dis pragtig, sekerlik ‘n selfstandige gedig, maar om die volle effek van hierdie lied te ervaar moet jy dit hoor ook — die skakel is na Mary Chapin Carpenter se opname.

 

Spring and All – Greg Brown 

Spring and what’s left of the hippies return

from old rooming houses and Mexico.

More letters, more journals, more poems to burn;

real heat at last. At last my words glow.

 

My friend Jim just broke up his band,

the guys all have jobs and the nights got too long.

He’s selling the amps, one guitar, and the van.

I’m sure you could have it all for a song.

 

Snow on the north side, trash in the yard,

love like a newspaper tattered and stained.

A two bourbon twilight, fog from God’s cigar.

the neighbor’s retarded dog chasing the train.

 

Don’t see any good in just hanging around,

take a tip from the birds and change the scene.

Find some long river and follow it down

to where our old sins have washed up in New Orleans.

 

Spring and what’s left of the songbirds return,

to fight about loving and nesting and such.

Thanks for the letters you sent back to burn.

Their smoke is as light, and as dark, as your touch.

 

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Desmond Painter. ‘…love like a newspaper tattered and stained…’”

  1. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, dis werklik ‘n pragtige liriek, kruisrym nogal. Dis jammer dat Suid-Afrikaanse country country so ‘n slegte naam in Suid-Afrika gegee het. Ek luister nou die dag ‘n bietjie Hank Willams in die kar (van die ou want in die tronk sing: “my son calls another man ‘Daddy’…”) en toe dink ek aan die Briels. Ek bedoel dus nie die Briels as ek verwys na slegte Suid-Afrikaanse country nie. Die Briels se temas is te rou om soetsappig te wees.

  2. Andries, ja, iemand moet nog ‘n mooi studie doen oor die appropriasie van ‘n soort versuikerde country-idioom in SA in die 80’s, veral rondom die program Sing Country. Ek het country as kind met ‘n passie gehaat, agv daai program… Terloops, so 3 jaar terug het ek die hele troep, in hulle volle kitch outfits, op PE lughawe gesien: Lance James, Clive Bruce en ‘n paar ander wie se name ek nie meer onthou nie. Onthou hy Charles Jacoby, Die Singende Beesboer? Ek het ‘n LP waarop hy Ryperd sing. In die ‘sleeve notes’ katalogiseer die skrywer Charles se Stetsons, sy stewels, sy Colt pistole… Baie vreemd.

  3. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, ek het hierdie naweek Pretoria toe getrek en dink om een of ander onverklaarbare rede die heeltyd aan Bernoldus Niemand: “Orals in die strate loop die fans van country plate…” Ek skat dis daai versuikerde 80s weergawe waarna hy verwys. “Snor City” kom immers uit die vroeg 80s, as ek dit nie mis het nie. As ek ook nou effe soetsappig kan raak, moet ek darem noem dat die eerste klanke by die nuwe woonstel ‘n hoep-hoep was. Daar is ook iets besonders aan die rooi klippe teen die koppies en die bosveldplantegroei. Dis genoeg om enige diepsinnigerige siel na sy slidekitaar te laat gryp: “Dit het gebeur op die trein na Pretoria, die weer was bitterlik koooouuuud…”

  4. Desmond :

    Andries, ek dink ‘Snor City’ dateer uit die jare tussen 1983 en 1985. So dit was presies daai tyd van Lance James, Clive Bruce en andere. Jody Wayne! Jislaaik, die Afrikaners hou van suiker op hulle se groente, en van suiker op hulle se musieke ook… Daar was darem ander geluide: op Delicious Monster het David Kramer ‘n lieflike country song, ek vergeet die naam, maar hy sing: ‘Barman, turn up the news/ I’ve got R10 on that race/ R5 for a win on Shooting Star/ another R5 for a place…’ Ag, en Hekke van Paradise was seker ook ‘n country song. Ek moet ook byvoeg: Country Roads was die tweede song wat ek op my kitaar kon speel. Die eerste was natuurlik House of the Rising Song. En die derde was Yesterday: lekker baie chord changes, so ek kon afshow!

  5. Desmond :

    PS. Ek hoop jy woon lekker in Pretoria.

  6. Andries Bezuidenhout :

    In die ou dae het die fans van country plate blykbaar by Zillertal vergader. Ek hou van jou November-blog oor Tom Waits ook. Ek luister toevallig op die oomblik na “A little rain” van hom – ook seker ‘n country nommertjie (bitter, bitter, bitter – ware verhaal, as ek reg onthou van daai Hoskyn biografie).

  7. Desmond :

    Hier’s ‘n animasie geinspireer deur daai Waits song, al word die song self nie as klankbaan gebruik nie. Dis nogal mooi:

  •