Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 November 201028 November 2010

Oproep tot steun vir Liu Xiaobo

Liu Xiaobo en sy vrou
Liu Xiaobo en sy vrou

Op 30 Desember 2009 het ek ‘n Nuuswekker gepleeg oor die arrestasie en aanhouding van die Chinese digter, Liu Xiaobo. Intussen het die Sweedse Akademie enkele weke gelede bekend gemaak dat vanjaar se Nobelprys vir Vrede op 10 Desember aan Xiaobo toegeken gaan word; ‘n geleentheid wat hy uiteraard nie sal kan bywoon nie, weens die vonnis van 11 jaar gevangenisstraf wat hom opgelê is.

Wêreldwyd is daar egter nou begin met ‘n petisie waarvolgens daar beywer word om die Chinese regering te oorreed om Xiaobo wel toe te laat om by dié geleentheid teenwoordig te mag wees. In die Brieweboks kan die versoek tot steun wat ons ontvang het, gelees word. Die petisie kan hier onderteken word; vóór 10 Desember, asseblief. ‘n Verdere inisiatief is  ‘n massa-optrede met voorlesings deur verskeie digters wat deur die organisasie Internationales Literaturfestival vir 20 Maart 2011 in Berlyn word. Tydens dié geleentheid sal ‘Charter 08’, wat deur Xiaobo saamgestel is en oor menseregtevergrype in China handel, voorgelees word saam met sy gedig ‘You wait for me with Dust’.

Vir jou (aanvullende) kennisname plaas ek weer die Nuuswekker waarna ek verwys het, en ook die gedig van Liu Xiaobo soos dit vertaal is deur Nicolette Wong en Oswald Chan.

***

Liu Xiaobo (53), ‘n digter en een van die Chinese regering se vernaamste kritici, is vroeër vandeesmaand tot 11 jaar gevangenisstraf gevonnis vir sy deelname aan ‘n petisie wat in 2008 opgestel was en waarin kritiek uitgespreek is op China as eenpartystaat. In dié petisie, allerweë bekend as “Charter 08” is daar ook aangedring op vryheid van spraak en algemene verkiesings.

Sedert Desember 2008 is Liu Xiaobo by ‘n geheime plek aangehou, maar kort voor Kersfees vanjaar is hy onverwags voor die hof gedaag, aangekla en gevonnis. Sy regsspan het minder as twee weke gehad om vir die hofsaak, wat nie eens twee ure geduur het nie, voor te berei.

“In addition to his prison term, Mr. Liu will be deprived of his political rights for an additional two years, a penalty that will prevent him from writing or speaking out on a wide range of issues,” het Shang Baojun, prokureur vir die aangeklaagde, na die uitspraak gesê.

Uiteraard was die internasionale reaksie hewig in hul veroordeling van hierdie optrede deur die Chinese regering. Maar soos dit telkens die geval was die agelope jare, het ook dié veroordeling soos water van die eend se rug geloop. Maar nêrens kon ek iets te lese kry oor die moontlikheid van sanksies wat as strafmaateëls teen dié blatante vergryp aan basiese menseregte oorweeg word nie … Laat jou dink, nè?

Nietemin, die volledige berig kan op die New York Times se webblad gelees word. En lees sommer ook hierdie berig oor die groeiende verset in China.

(Nuuswekker: 30 Desember 2009)

***

Sedert Vrydag het Chris Coolsma ‘n nuwe inskrywing oor slapeloosheid geplaas; met nog ‘n gedig van Billy Collins, in Afrikaans vertaal deur Chris. Dan moet jy ook beslis Ilze Gertenbach se artikel wat oor die simboliek van bome in die poësie van Sylvia Plath en Karin Boyde handel, lees. Fassinerend, inderdaad.

‘n Aangename week word jou toegewens.

Mooi bly.

LE

 

In the Company of Dust (to my ever-waiting wife)

You have nothing. You wait for me
in the company of dust
which fills every corner of our home-
you don’t want to draw the blinds
for the sunlight to stir
your peace.
Dust fills the words on the bookshelf
the patterns on the carpet
and your letters to me-
you like to leave traces of dust
with the tip of your pen.
My eyes tingle at the sight of it.
All day you sit still
you refrain from walking
lest you crush the dust at your feet.
You breathe calmly
weaving a story with your silence.
Dust is the your loyal companion
in these suffocating times.
Dust fills your glance, your breath,
your time. Day after day
it piles up from the soles of your feet
to your chest, your throat
it nurses the grave in the depths of your soul.
The grave is your resting place
wait for me where you will be undisturbed.
You’re in love with dust
you wait for me
in darkness, in peace, in suffocation.
Wait for me in the company of dust-
refuse the sun, the breeze,
cocoon yourself in dust.
Sleep until I come back
you will rise
brush away the dust on your skin
in your soul
in a miracle of resurrection.

 

© Liu Xiaobo (Vertaal deur: Nicolette Wong & Oswald Chan)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. dna
  • Miel Vanstreels. Oorleg
  • Koos de Wet. korrosie
  • ND Cronjé. by die roggeveldberge
  • Krige Visser. Aantrekkende naak

Nuutste kommentaar

  1. Frik Ziegler on Krige Visser. Aantrekkende naak12 June 2026

    Jou vrou gaan jou donner.

  2. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  3. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  4. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  5. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d