Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 February 20116 September 2013

Desmond Painter. Manuel Bandeira: Wanneer net ‘n tango nog sal help

Manuel Bandeira
Manuel Bandeira

Carlos Drummond de Andrade was ‘n Brasiliaanse reus, ja, maar hy was nie die enigste een nie. Manuel Bandeira (1886-1968) was eweseer ‘n baie belangrike Brasiliaanse digter. Soos Andrade het Bandeira (in laasgenoemde geval na ‘n lang verblyf in Europa) in die 1920’s bygedra tot die Modernistiese Beweging in die Brasiliaanse digkuns. Soos Andrade was hy egter ook meer as net ‘n verteenwoordiger van ‘n beweging of ‘n modegier. Wikipedia (waar ek die biografiese informasie gekry het) stel dit so: ‘Bandeira’s poems are of a unique delicacy and beauty.’

Manuel Bandeira is vroeg reeds met tuberkulose gediagnoseer en het sy lewe lank met swak gesondheid gesukkel — iets wat tematies in vele van sy gedigte neerslag gevind het. Weereens die wyse bydraer tot Wikipedia: ‘His delicate health affected his poems, in a manner similar to the last poems of Jorge Luis Borges. Many of Manuel Bandeira’s poems depict the limits of the human body.’ Dit is dalk een van die redes waarom ek so baie van Bandeira se gedigte hou: hierdie gevoeligheid vir die moontlikhede en beperkinge van die menslike liggaam — bron van sensuele plesier, ja, maar uitgelewer aan aftakeling, siekte en dood.

Nie dat Bandeira die temas van siekte en liggaamlike verval op melodramatiese, sentimentele of voorspelbare maniere ontgin nie. Glad nie. Bandeira bekyk die liggaam, daardie ‘knaend falende masjien’ (om Etienne van Heerden aan te haal), met ‘n wrang maar tog deernisvolle glimlag. Lees maar net hierdie uitstekende gedig (vertaal deur A.B.M. Cadaxa) om te sien wat ek bedoel:

 

Pneumothorax – by Manuel Bandeira

 

 

Fever, hemoptysis, dyspnea and night sweats
The whole life that could have been
And was not
Cough, cough, cough

 

He sent for a doctor
‘Say thirty three’

 

‘Thirty three, thirty three, thirty three’

 

‘Inhale’

                           

‘. . . . . . . . . . . . . . . . . . . .’

 

‘You have a cavity in the left lung and the
right lung is infiltrated’

 

‘Do you believe, doctor, that we could try
a pneumothorax?’

 

‘No, the only thing to do is to play
an Argentinian tango’

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Desmond Painter. Wat is ‘n prosagedig? Robert Pinsky oor Manuel Bandeira →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d