Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 February 201113 February 2011

Ek sal jou liefhê heel my lewe lank

Hartstog
Hartstog

Synde die dag van die liefde is dit seker gepas dat The Guardian vir John Stammers, samesteller van die Picador Book of Love Poems, genader het om sy 10 gunsteling liefdesgedigte te lys. En ja, Die Liefde is sekerlik van die vroegste tye af een van die gróót temas in die digkuns: “If ever two were made for each other surely it is love and poetry: the infinite variety of love meeting the boundless capacity of poetry to embrace it. There is something both sweet and intense about all aspects of romantic love, a combination that is ideally suited to poetry’s marriage of the music of speech with compressed content. This is true from love’s first blush through to its heady consummation.”

Tog vind Stammers dit vreemd dat liefdespoësie so selde oor die ekstase van die liefde handel; veeleer oor “wily courtship, unrequited love, or the bitterest regret”. Hy verklaar dié toedrag van sake soos volg: “There is something delicious about these marginal states in which Desire (for it is he) is constantly unsatisfied, confounded or denied. I would hazard a shaft that it is just this strange quality of desire to persist in the face of its own negation that we find compelling.”

Nietemin, die eerste vyf van sy lysie 10 gunsteling liefdesverse is die volgende: “To his coy mistress” (Andrew Marvell), “The love-song of J Alfred Prufrock” (T.S. Eliot), “Arracombe Wood” (Charlotte Mew), “A subaltern’s love-song” (John Betjeman) en “Whoso list to hunt” (Thomas Whyatt). Die volledige lys, met skakels na die betrokke gedigte, kan op The Guardian se webtuiste gevind word.

Vir jou leesplesier volg ‘n liefdesvers deur een van ons vernaamste minnedigters onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Sedert Vrydag het Desmond Painter ‘n blog geplaas wat handel oor die Brasiliaanse digkuns in vertaling. Ook Marcelle Olivier en Pieter Odendaal het nuwe bydraes gelewer; Marcelle met nuusbrokkies uit New Delhi en Pieter oor hoe ‘n mens deur selle ontroer kan word. En dan het Jelleke Wierenga se fotobeeld ook gedurende die naweek bygekom.

Geniet dit alles; so ook die week wat op hande is.

Mooi bly.

LE 

 

Al sou

 

Ek sal jou liefhê heel my lewe lank

selfs al sou die t’nouroevygie

in droë jare skaarser rank

 

al sou die sleepmis vroeg insleep

van die see af en die wilde-anys

toe-oog bly en die son vergeefs

ander wang vir die wêreld wys

 

al sou die ooswind knaend waai

en om ons net blylêgoe bly lê

net knapveld waar daar opslag was

en ons vergeefs grawe aan ‘n gorê

 

al sou ons sleepvoet en doevoet loop

hande krom soos haakdoringbos

al het die wind die gousblom gestoop

 

al het die jare ons uitoorlê

ek sal jou heel my lewe lank bly liefhê

 

© George Weideman (Uit: Staning onder die sterre)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Politieke opportunisme
Marni Viviers. Ruimte, identiteit en representasie in George Weideman se ‘n Staning onder sterre (1997) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d