Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 January 2010

Politieke opportunisme

W.E. Henley
W.E. Henley

In gister se Nuuswekker het ek melding gemaak van die prominensie wat W.E. Henley (1849 – 1903) se gedig “Invictus” tans vanweë die gelyknamige film oor die Springbokke se wêreldbekersege in 1995 in die gemoed van onwaarskynlike poësieliefhebbers geniet. En getrou aan hul opportunistiese aard is dit veral politici wat munt hieruit probeer slaan.

Voor in die koor is dit hoeka Gordon Brown wat die reëls “In the fell clutch of circumstance / I have not winced nor cried aloud./ Under the bludgeonings of chance / My head is bloody, but unbowed.” as bron tot sy lewensinspirasie voorhou. “It is about determination. It summarises my view [of being prime minister],” het hy aan die London Times se verslaggewer gesê.

Maar, soos Daisy Goodwin in haar berig heel tereg opmerk: miskien moes hy eers die ontstaansgeskiedenis van dié gedig nagevors het alvorens hy dit in navolging van oud-president Nelson Mandela as harts-inspirasie voorgehou het.

Henley het dié gedig naamlik geskryf terwyl hy in 1870 gehospitaliseer was vir bykans twee jaar na die amputasie van sy een been en die stryd om sy oorblywende been te probeer red. Hy het tuberkulose onder lede gehad. Verdermeer is dieselfde gedig deur die bomplanter van Oklahoma, Timothy McVeigh, voorgedra enkele minute voor sy teregstelling in 2001. Selfs Jeffery Archer kon nie die versoeking weerstaan om sy eie tronk-memoirs met ‘n aanhaling uit dié gedig as motto te publiseer nie.

Alhoewel politici al te gretig is om die digkuns by te sleep wanneer hulle indruk probeer maak, geld dieselfde gode sy dank nie vir die digters wanneer hulle oor politici dig nie. Ter illustrasie plaas ek vanoggend ‘n paar aanhalings onder aan die Nuuswekker vir jou leesplesier.

***

Dan is die vreugde vandag dat dit Hennie Aucamp se verjaarsdag is … Veels geluk, Hennie. Mag daar sommer nog heelwat skryfsels voortvloei uit daai kranige pen van jou! (En onthou ook om Hennie se nuwe verse te lees indien jy dit nog nie raakgesien het nie.)

***

Op die webblad is daar wonderlike nuwe inskrywings geplaas deur Carina Stander en Ilse van Staden, terwyl Melt Myburgh op sy blog begin het met ‘n reeks besprekings oor poësie-items tydens die komende Woordfees. (Onthou: die volledige program kan hier beskou word.)

Nog ‘n vreugde vanoggend is nuwe gedigte deur Cas Vos en Marlise Joubert. En dan het ons sommer ‘n hele klomp Afrikaanse gedigte in Engelse vertaling van Tony Ullyatt ontvang. Dié vertalings sal later vanoggend hier te lese wees. Digters wie se verse geplaas gaan word, is: Jeanne Goosen, Antjie Krog, George Weideman, Wilma Stockenström, Phil du Plessis, Wilhelm Knobel, Boerneef, Breyten Breytenbach, Rosa Keet, EWS Hammond en Gisela Weingartz.

Wat ‘n ryke oes! Lekker lees aan alles en hê pret vandag.

Mooi bly.

LE

 

“Rulers who neither see, nor feel, nor know,
But leech-like to their fainting country cling
Till they drop, blind in blood, without a blow.“

(Shelley, 1819)

“All I have is a voice
To undo the folded lie,
The romantic lie in the brain
Of the sensual man-in-the-street
And the lie of Authority
Whose buildings grope the sky”

(WH Auden, 1920)

“… How it takes the breath away, the piss, makes of your kiss a dropped pound coin,
makes of your promises latin, gibberish, feedback, static,
of your hair a wig, of your gait a plankwalk.
How it says this – politics – to your education education education; shouts this –
Politics! – to your health and wealth; how it roars, to your
conscience moral compass truth, POLITICS POLITICS POLITICS.”

(Carol Ann Duffy, 2009)

“A talented young chimpanzee
Was keen to appear on tv
He wrote to Brooke Bond
But they didn’t respond
So he had to become an MP.”

(Wendy Cope)

“I wanna be the leader
I wanna be the leader
Can I be the leader?
Can I? I can?
Promise? Promise?
Yippee, I’m the leader
I’m the leader

OK what shall we do?”

(Roger McGough)

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wilma Stockenström – vertaling in Engels
‘Zou de wereldbol een beetje aan het leeglopen zijn?’ →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Krige Visser. Aantrekkende naak
  • Joan Hambidge. Nog in my laaste woorde
  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Jeanne Henning Els. noodgeval
  • Jeanne Henning Els. wholeworld

Nuutste kommentaar

  1. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  2. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  3. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  4. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  5. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d