Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 February 20114 September 2013

Andries Bezuidenhout. Oor nog ʼn gemeenskap wat moes verhuis

Die skrywer Mikro kom van Williston af. Die dorp se naam was eers Amandelboom. Klaarblyklik het ʼn ene Johan Abraham Nel, oorspronklik van Stellenbosch, in die jaar 1768 ʼn amandelboompie langs die fontein hier geplant. Die boom het ʼn reus geword, ʼn rare baken in die droë landskap. ʼn Bietjie minder as ʼn eeu later, in 1845, het Johann Heinrich Lutz, ʼn Switserse sendeling ʼn Rynse gemeente hier begin en dit Amandelboom genoem. Die gemeente is op versoek van ongeveer 150 Christene, afstammelinge van Nederlandse immigrante wat met Nama of Khoi-Khoivroue getrou het en in die omgewing as nomadiese veeboere gewoon het, gestig.

Die hoeksteen vir ʼn kerk vir die gemeente is in 1855 gelê en die gebou is in 1857 voltooi. Die kerk se openingseremonie is deur Ds. Leipoldt van Wupperthal behartig.

In 1849 reeds het die Britse koloniale regering die Kaapkolonie se grense uitgebrei en Amandelboom het van toe af onder Britse gesag geval. Wit boere het ook in die omgewing begin inbeweeg, wat druk geplaas het op fonteine in die area. Die Amandelboom-gemeente het die wit boere uitgenooi om hul kerk by te woon en dit het, volgens sommige bronne, die enigste gemeente in die 1800s met ʼn “geïntegreerde” kerkraad geword. Vanaf 1862 is sogenaamde “Crown Land” deur die koloniale regering oorgeneem en verkoop. Die oorspronklike Amandelboom gemeentelede het De Tuin toe gegaan en vandaar die trek noorde toe aangepak – as voorsate van die Bastergemeenskap wat nou nog in Rehoboth, suid van Windhoek in Namibië, woon. Die tradisie van die Rynse kerk word daar voortgesit.

In 1882 is die kerk en geboue van die Rynse kerk aan die Nederduits Gereformeerde Kerk van die Kaapkolonie verkoop. Vanaf 1912 is ʼn nuwe kerk gebou, die een in die foto’s, en in 1919 Amandelboom se naam verander na Williston, vernoem na die Britse koloniale sekretaris Mampden Willis. Die gemeente het lank na die verandering van die dorp se naam nog as Amandelboom bekendgestaan, maar later besluit om hul naam ook te verander, om verwarring te voorkom. Dalk ook omdat die township se naam nog Amandelboom is.

Meer oor Williston hier.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d