Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 February 201114 February 2011

Japan se gewildste digter

Toyo Shibata
Toyo Shibata

Nou ja, kyk. Indien jy van mening is dat poësie nie juis verkoop nie, staan die voorbeeld van die 99-jarige Japannese digteres Toyo Shibata beslis uit as bewys dat dit wél moontlik is. Volgens The Guardian se berig het Shibata eers op 92-jarige ouderdom gedebuteer. Haar mees onlangse digbundel, Kujikenaide (Don’t Lose Heart), is ‘n selfpublikasie wat in 2009 verskyn het en hiervan is daar nie net reeds meer as 1,5 miljoen kopieë verkoop nie, maar dit bly ook sedert publikasie ‘n konstante teenwoordigheid op al wat ‘n topverkoperslys is …

En wat is die geheim vir haar sukses? Wel, blykbaar is haar gedigte inspirerend en opbouend van aard: “The nonagenarian describes her poems, with uplifting titles such as ‘Everyone’s Dreams Are Equal‘ and ‘Take It Easy, Don’t Try Too Hard‘, as an expression of gratitude to the people who have cared for her during her twilight years. ‘I’ve lived to this age thanks to support from my family, friends, caregivers and doctors, and am transforming my gratitude into poetry to tell them, Thank you, I am really happy,'” het sy glo aan Reuters se beriggewer gesê.

Iets wat egter ‘n mens se wenkbroue lig, is die opmerking waarmee sy toegee dat haar verse soms na belydenis neig en dan as voorbeeld die gedig “Secret” noem: “Although 98, I’ve fallen in love. I also have dreams. I want to ride on a cloud.” Klaarblyklik is dié liefdesvers geskryf aan een van haar dokters op wie sy verlief geraak het.

Volgens haar het sy begin met die skryf van gedigte nadat kroniese rugpyn ‘n einde gebring het aan haar lewenslange voorliefde vir en betrokkenheid by klassieke Japannese danse.

Hemel, wat ‘n inspirasie vir almal wat aan vlugflouheid lei en die immer naderkruipende ouderdom vrees … Tans is sy byvoorbeeld besig met afrondingswerk aan haar volgende bundel wat sy beoog om nog vóór haar 100ste verjaarsdag in Junie uit te gee.

***  

Sedert gister is nuwe bydraes deur Desmond Painter en Andries Bezuidenhout gelewer. Desmond vertel waarom hy São Paolo toe gaan vir ‘n paar dae, terwyl Andries dit weer het oor die gemeenskap van Amandelboom. Ten slotte – Bernard Odendaal se resensie van Ligloop deur Tom Gouws is ontvang en geplaas. Maak seker dat jy nie dié knap beskouing van ‘n besonderse bundel miskyk nie …

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Labirint
  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d