Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 May 201117 May 2011

Andries Bezuidenhout. Der Erlkönig en die Oak Tree King

Josh Ritter se weergawe van Erlkönig is nie ʼn letterlike vertaling van Goethe se gedig nie. Sy melodie gebruik ook slegs temas uit Schubert se dramatiese toonsetting. ʼn Belangrike verandering wat intree is dat die Elwekoning in die oorspronklike gedig die kind gewelddadig met hom saamneem. Josh Ritter se “Oak Tree King” is meer subtiel – hy blyk die kind te oortuig om saam met hom te gaan. Die oproep tot die kind word die liriek se refrein.  Hier is ʼn weergawe daarvan wat ek opgespoor het. Ek het weer gaan luister en dit hier en daar reg (dalk verkeerd) getimmer:

Who is this that rides so late
Between the woods and the garden gate?
A father holds a child close,
Barely boy and almost ghost

Son why do you cry and hide your face?
Oh Father, the Oak King is king of this place,
With a crown made of thistle and sceptre of reeds
Son, there’s no Oak King, just the wind and the trees

My prince, my love, I knew you’d come
Now you must join the other ones
Cast your bloom upon the tide
Sleep all day, play all night

Oh Father, oh Father, don’t leave me I pray
The Oak King is closer than the dawn of the day
Than the dawn of the day, the edge of the woods
The Oak King is bad and he’ll take me for good

Oh Son, with his palaces of silver and gold
With a queen and his own pretty children to hold
With his own pretty children, why steal you from me?
What kind of a king would ever be such a thief?

My prince, my love, I knew you’d come
Now you must join the other ones
When the dancing begins at night
My daughters will hold you clear through till light

Oh Father, oh Father, scattered all along the path
The Oak King’s own children in the dark as we pass
The Oak King’s own children, they sing softly and they sigh
They don’t seem to care that they’re blooming at night

Oh Son, who would leave a child in this place?
To the wind and the dark and the rain on their faces
The rain on their face, mud on their feet
What kind of a king would dress his children in leaves?

My prince, my love, I knew you would come
Now you must join the other ones
Oh Father, oh Father, I must go away
The Oak King sings, I must obey

At the edge of the woods and the break of the day,
The father looked down where his son used to lay,
And in grief and in sorrow, in sorrow and grief,
Wondered what kind of king could ever be such a thief?

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Die goue eeu van die radio
Marlies Taljard: ‘n Bespreking van Goethe se Erlkönig aan die hand van geselekteerde narratologiese beginsels →

7e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Der Erlkönig en die Oak Tree King”

  1. Evette Weyers says:
    17 May 2011 at 08:46

    Die gedig is geskryf na Goethe ‘n pa sien ry het met sy kind deur ‘n woud(so ver ek onthou)in die nag. Toe kom die gedig Daarna die toonsetting. Ek glo die emosionele impak van musiek is enorm want dit is abstrak en omseil inhoud, waarde sisteme, vooroordele, ens. (Bv. Die geweldige impak en gelykmakings proses van Rock musiek op die jeug reg oor die wêreld was enorm. Dis primer musiek en gepaargaande lirieke, data, boodskappe, woede ens. geverbaliseer. Dit het ‘n hele rock kultuur met ‘n spesifieke waarde sisteem geskep in ‘n oogwenk)

    Andries dankie vir die konneksie na die Video. Het jare gelede die CD gekoop maar hierdie is ‘n ander opgawe.

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    17 May 2011 at 07:38

    Bostridge s’n: http://www.youtube.com/watch?v=mmx4MN3xZpM

    Reply
  3. Leon Retief says:
    17 May 2011 at 05:16

    F-D met Gerald Moore is uitstekend, maar moenie Ian Bostridge vergete nie!

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    16 May 2011 at 13:04

    Dietrich Fischer-Dieskau se weergawe is hier: http://www.youtube.com/watch?v=5XP5RP6OEJI&NR=1&feature=fvwp Die wonder van die web! Beslis ‘n meer sensitiewe vertolking, alhoewel ek sien iemand se kommentaar op YouTube verwys daarn as “the first metal song ever”!

    Reply
  5. Andries Bezuidenhout says:
    16 May 2011 at 12:52

    Evette, daardie einde is nogal dramaties op die weergawe waarna ek skakel (op YouTube). “DAS KIND WAR TOT!” Behoorlik dood, die halfpad nie. As ‘n leek skat ek egter dat ‘n mens selfs Schubert se toonsetting meer sensitief sou kon interpreteer.

    Reply
  6. Evette Weyers says:
    16 May 2011 at 06:53

    Interesante vertaling en wysiging van Goethe se bekende en treffende gedig. Ritter skryf beslis nie in die “sturm und drang” aard van Goete nie. Ritter skaal veral die donker driftigheid van die gedig merkbaar af. Nes die Engelse vertalings van Spaanse gedigte hulle gewoondelik afskaal en meer verengels; minder plofbare passie en melodrama, meer mild en “understated” maak. Ritter s’n wys beslis die verskil tussen Duitse ekspressionisme met “sturm en drang” donkerte teenoor Engelse beskaafde en getemde emosie uit. (Ek was baie aangegryp deur die Duitse gedig en het verskeie beelde oor die Erlkonig gemaak.) In Antjie Krogg se A Change of Tongue is daar ‘n pragtige beskrywing waar sy (as tiener)een nag alleen in die rondawel na haar ma se plaat van Erlkonich luister soos gesing deur Dietre Fisher Diskau (spelling?)- vol passie en drif. Die pa in die gedig is rationeel en kan nie die kind se wêreld binnegaan nie of selfs erken nie en kan dus nie die erlkonig verhoed om sy kind te gryp nie. Goethe dig ‘n donker mag toe aan die erkonig. Ritter se vertaling is meer rationeel en uit die vader se perspektief geskryf waar die erlkonig as ‘n dief in die nag gesien word.
    Dankie Andries, vir die oopmaak van die gedig , die kontraste, die sprong wat vertalings maak soms van ‘n metaforiese ruimte na ‘n meer intelektuele ruimte, en dus vir hierdie gesprek.
    evette

    Reply
  7. Desmond Painter says:
    13 May 2011 at 14:31

    Ek hou baie van Ritter. Sedert ek so 4 jaar terug sy baie mooi cover van Springsteen se The River gehoor het.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d