Nou ja, kyk. Indien dit kom by die verering van digters, kan ons inderdaad ‘n paar lesse leer by ons kollega’s in die Noorde. So ook ten opsigte van die entoesiasme waarmee sodanige vereringsprojekte aangepak word.
Verlede week is daar byvoorbeeld begin met die opstel van ‘n petisie wat dit as oogmerk het om ‘n trein na Driek van Wissen, Nederland se voormalige Dichter des Vaderlands wat verlede jaar op 21 Mei oorlede is, te vernoem. Dié petisie word gerig aan die direksie van die Arriva-treindienste en wel met die volgende motivering: “Zoals Arriva-treinen mensen naar hun bestemmingen brengen, zo bracht de dichter en taalvirtuoos Driek van Wissen poëzie naar de mensen en mensen naar de poëzie. En – niet onbelangrijk – als hij naar een van z’n vele voordrachten ergens in het land reisde nam hij vrijwel altijd… de trein. Net zoals in de periode dat hij leraar Nederlands was aan het Dr. Aletta Jacobscollege in Hoogezand (1968-2005) en dagelijks pendelde van Groningen naar z’n leerlingen. Driek van Wissen (Groningen, 12 juli 1943 – Istanboel (Turkije), 21 mei 2010) was bekend door – naast z’n poëzie – z’n vele radio- en tv-optredens en natuurlijk ook door zijn Dichter des Vaderlandsschap, een functie die hij van 2005 tot 2009 met verve vervulde.”
Dit wil nou egter voorkom dat bepaalde ondersteuners ten gunste van dié inisiatief hul hand oorspeel het in ‘n poging om die publiek se aandag op dié lofwaardige projek te vestig. So moes die polisie van Groningen verlede week die dames op die foto hiernaas van die treinspore verwyder het; in dié mate dat die organiseerders van die petisie dit nodig geag het om hulle van diesulke optrede te distansieer: “In de omgeving van Groningen heeft de politie een aantal activisten van het spoor verwijderd die demonstreerden voor de Driek van Wissentrein. We distantiëren ons met klem van deze wijze van actievoeren.”
Mmm, ‘n mens kan maar net wonder watter aksie beplan sou word indien hulle ‘n trein na Boudewijn Buch wou vernoem … Nietemin, vir jou leesplesier volg daar ‘n toepaslike ‘snelsonnet’ deur Driek van Wissen onderaan die Nuuswekker. En, indien jy dit gemis het, kan jy sommer ook weer die blog lees wat Chris Coolsma vir Wisselkaarten geskryf na Van Wissen se afsterwe verlede jaar.
***
In die Brieweboks is daar vanoggend inligting oor vanjaar se Skrywerswerkswinkels om kennis van te neem; ook is ons webmeester besig om nuwe gedigte na ‘n kollektiewe blog om te skakel. Gaan kyk gerus hier en geniet dit … Nog ‘n nuwe inisiatief is Binneblik, waar ander verwante bydraes geplaas gaan word. Soos die skakel na Danie Marais se rubriek oor Suid-Afrika se vergete Beat-digter, Sinclair Beiles, wat verlede Saterdag in By verskyn het, maar nou met ‘n gedig daarby.
En dan, ten slotte, het Andries Bezuidenhout ‘n kort verslag gelewer oor Saterdagaand se gedoente in Mamelodi.
Mooi bly.
LE
Fijn met de trein (4)
Wie veel per trein reist, weet wat hem bedreigt:
Het is een lange zit en straks nog langer
En daarom wordt zo’n reiziger steeds banger
Dat hij trombose in zijn benen krijgt;
Iets wat onze NS goed blijkt te snappen,
Want straks mogen wij vaker overstappen.
© Driek van Wissen