Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 May 201117 May 2011

Andries Bezuidenhout. Gelaaide pistole in Winburg se kerk

Winburg se Klipkerk

Winburg is in 1842 as dorp geproklameer, dus een van die oudste Vrystaatse dorpe (ek dink Philippolis is ouer). Ek hou van die dorp se plein – veral die kerkgebou (in 1899 gebou), maar ook die munisipale kantore. ʼn Ou hotel se balkon kyk op die plein uit, maar dit word deesdae ʼn “lodge” genoem en die mooi fassade is deur ʼn konstruksie (ʼn tipe ingang) van hout en gras (lapa-styl) ontsier.

Die kerk in die foto’s hier word die Klipkerk genoem. Histories was daar struwelinge tussen die lidmate – Sappe en Natte, soos op baie ander dorpe. Tydens die rebellie van 1914 het die twee kampe blykbaar met gelaaide pistole en rewolwers langs mekaar in die kerkbanke gesit. Die Natte, of “gesuiwerdes”, het in 1917 ʼn alternatiewe gemeente gestig. Daar is dus ook ʼn ander NG Kerkgebou in Winburg, die Rietfonteinkerk, wat in die 1940s opgerig is. Dit het as die Nat-Kerk bekendgestaan en die Klipkerk as die Sap-Kerk.

Die vooraansig van die kerk het meer uitvoerige detail, maar die son het aan die kant geskyn waar ek die foto’s geneem het. Vrystaatse sandsteen is die mooiste teen sonsondergang – amper soos die kranse by Golden Gate.

Laatmiddag, Vrystaat

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Andries Bezuidenhout. Gelaaide pistole in Winburg se kerk”

  1. Ivan Mocke says:
    18 May 2011 at 11:15

    Is dit dalk waar die uitdrukking “Die koeël is deur die kerk” vandaan kom?! 🙂

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d