Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 June 201129 June 2011

Vat vyf! Joris Cornelissen, feesdirekteur van die eerste Festival voor het Afrikaans

 

Joris Cornelissen is die organiseerder en feesdirekteur van die eerste Festival voor het Afrikaans wat vroeër vandeesmaand in Amsterdam plaasgevind het. Die fees se oogmerk was om belangstelling in die Afrikaanse letterkunde, musiek en toneel onder Nederlandsprekendes aan te wakker.

Festival voor het Afrikaans
Festival voor het Afrikaans

Joris, die eerste Festival voor het Afrikaans was inderdaad ‘n belangwekkende gebeurtenis. Hoe en waarom het die gedagte om ‘n fees van dié aard te reël, ontstaan?

Dit het begin met die rol van my eie bewustwording van my eie moerstaal (Nederlands), maar later het ek (opnuut) in kontak gekom met Afrikaans. Dit was vir my ‘n besondere ontdekking wat begin het met die luister van Afrikaanstalige musiek soos Amanda Strydom en Chris Chameleon. Later het ek ook boeke gaan lees (Dido, Winterbach), ook om my Afrikaans te verbeter. Later het ek my verdiep in die konteks van Afrikaans, as ‘n Suid-Afrikaanse taal wat net soos ander Suid-Afrikatale moet veg om se blywende plek in die talespektrum van Suid-Afrika te verseker. Aan die ander kant is daar so baie wat Nederlandstalige mense kan leer van Afrikaans en die Afrikaanstaliges, so ek het net gedink wat kan ons doen om uitruiling tussen die tale en die mense wat dit praat, te intensiveer: ‘n Afrikaanse fees dus, want ‘denken is leuk, maar soms ook een excuus om niets te hoeven doen ‘.      

Berigte (en kommentaar) wat ons hier in die ander halfrond te lese (en te hore) gekry het, was oorweldigend positief. Is julle as organiseerders tevrede met wat vermag is?

Die terugvoer wat ons van die publiek en optredende skrywers en musikante gekry het, was positief en hulle reaksies entoesiasties. Maar natuurlik is daar ook sake wat beter sal wees volgende keer, soos ons in Nederlands sê: ‘al doende leert men’. Tog is die balans baie goed en ons het baie versoeke gekry (Nederlanders, Suid-Afrikaners) om die Afrikaanse fees in Nederland ‘n terugkerende tradisie te maak. Ek beskou dit as ‘n groot kompliment vir al die vrywilligers wat die fees moontlik gemaak het en vir die finansierders wat geglo het in die realisering van die fees.

‘n Fees van hierdie aard het natuurlik ook ‘n voortstuwende effek. Is daar enige ander projekte en/of inisiatiewe wat hieruit gaan voortvloei, of wat julle in die vooruitsig stel?

Die eerste vra is wie is ‘julle’? Ek het nogal die indruk gekry dat bekende en onbekende mense heelwat inspirasie uit die fees geput het en dit is natuurlik ook ‘n belangryke doelstelling: die aanjaag van inisiatiewe gerig op Afrikaans en die wisselwerking tussen Afrikaans en Nederlands. Ons moet nou nadink oor hoe ons die Afrikaanse fees gaan voorsit, want ons is nou nog net ‘n klompie vrywilligers. Aan die ander kant wil ons (saam met ingrid Scholz van Afrinetwerk en ander rolspelers)  kyk wat die moontlikhede is om Afrinetwerk hier te kan uitbrei. Afrinetwerk is ‘n onlangs opgerigte  ‘permanente verteënwoordiging vir Suid-Afrika / Afrikaans’ in Nederland en Vlaandere. Dit is ‘n wonderlike geleentheid en uitdaging: indien ons meer middele kry, kan ons nog baie doen vir die uitruil van Afrikaans en Nederlands, hopelik saam met die Nederlandse Taalunie, wat amptelik Nederland verteenwoordig namens Nederland, Vlaandere en Suriname.

Is daar enigiets wat jy as ‘n persoonlike hoogtepunt vir jou tydens die fees sou uitsonder?

As feesdirekteur moet jy altyd versigtig wees met die uitspreek van voorkeure, maar die konsert van David Kramer was werklik oorweldigend. In Nederlands sê ons ‘die dak ging eraf’ wat ‘n situasie beskryf waarin die publiek heeltemal eufories is …. Vrydagaand was baie intens en gevarieerd met Amanda Strydom, Breyten Breytenbach, David Kramer en Gert Vlok Nel; ook die literère onderdele en die toneelstukke het baie goed gewerk.

Is dit moontlik om vir ons ‘n aanduiding te kan gee van hoe die fees – en die gepaardgaande fokus op Afrikaans – deur die Nederlandse publiek ontvang was?

Die aanwesige Nederlandse publiek was positief, al moet ons aandag bly skenk aan die aspek van verstaanbaarheid: nie al die besoekers was daaraan gewoond om na Afrikaans te luister nie, maar hopelik geld ook hier die Nederlandse gesegde ‘oefening baart kunst’ en so is dit.

Baie dankie vir die gesprek, Joris. En nogmaals geluk met ‘n besonderse prestasie. Mag hierdie fees in komende jare steeds van krag tot krag gaan.

Aanvullende leesstof:

 

Op LitNet: Carina van der Walt se onderhoud met Joris Cornelissen

Op LitNet: die voleldige oorsig met artikels, foto’s en komentare

Die verslag, met foto’s en videos, op Books Live

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joris Cornelissen. Stef Bos, ambassadeur van het Afrikaans

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d