Nuus uit Brittanje: So stil soos die graf: Die Poetry Society, die vreemde bedankings, en die rooi kruiwa vol name
.
Die afgelope twee weke daag daar elke dag of twee ‘n briefie van Kate Clanchy in my epos-boksie op wat my op die hoogte hou van onlangse verwikkelinge by die Poetry Society. Want daar is groot probleme.

Vir die wat nie weet nie, die Poetry Society is die grootste van sy soort in Brittanje. Gestig in 1909, en met ‘n lidmaatskap van amper 4 000, sorg die Poetry Society dat digkuns binne die nasionale bewustheid bly. Hulle publiseer onder andere ‘n joernaal, Poetry Review, en nuusbrief vier maal per jaar, asook menigte tematiese bloemlesings wat gewoonlik goed verkoop. Hulle het hulle eie spasie in London waar hulle voorlesings en lesings organiseer en werkswinkels aanbied. Die Poetry Society deel beurse uit, bied persoonlike ‘poetry surgeries‘ aan, en doen baie (en baie goeie!) werk onder skoolkinders. Hulle is verantwoordelik vir die Nasionale Poësie-kompetisie (asook die jeug-weergawe daarvan) wat werklik ‘n kompetisie vir almal is – die Poet Laureate, Carol Ann Duffy, het in 1983 gewen, en Ruth Padel in 1996, maar die 2010 wenner was byvoorbeeld ‘n ongepubliseerde digter genaamd Paul Adrian. (Jy kan sy wengedig hier lees).
‘n Paar weke gelede, uit die bloute, het die Poetry Society se president, die vername Jo Shapcott, haar bedanking ingedien. Daar is stories in die rondte dat sy uitgeforseer is, en verskeie teorieë: dat die gewaande spandering van ‘n regeringstoelae van meer as £100 000 aan die Poetry Society die onmin veroorsaak het; dat die inhoud van die Review problematies is en dat daar deesdae te veel kommentaar en te min digkuns gepubliseer word; dat die Review besig was om elitisties te word en dringend meer ‘jong bloed’ benodig. Wat presies Shapcott se mening hieroor en rol hierin was, is duister, omdat die Poetry Society – so tussen die facebook- en Twitter bespiegelings deur – hulle hortjies styf toegetrek het en Shapcott self nie eens ‘n openbare verklaring gemaak het nie.
Skaars was hierdie nuus koud, toe volg woord van die bedankings van die finansiële direkteur, Paul Ranford, en die Poetry Society se hoofdirekteur, Judith Palmer, waarvolgens dit toe blyk dat Palmer reeds in Meimaand uitgeloop het ná ongelukkigheid oor die gebruik van die Arts Council-geld. Fiona Sampson, die redakteur van die Review, word toe skielik ook betrek as gevolg van haar sterk opinies oor wie en wat in die Review gepubliseer kan word. Nog steeds is daar geen publieke persverklaring nie, maar daar verskyn ‘n notatjie op die webwerf en ‘n e-pos word aan lede uitgestuur (‘Judith Palmer resigned as Director of the Poetry Society on 20 May 2011. The Board accepted her resignation with regret. Judith’s resignation and her reasons for resigning have since been the focus of some press attention and speculation. In light of ongoing discussions with Judith, the Board deems it inappropriate to comment on Judith’s reasons for resigning‘). Die koerante volg die storie op, en ‘n paar blogs begin persoonlik raak – Carrie Etter se blog word verwyder nadat die kommentare wat verskyn het, so lasterlik raak dat daar werklik ‘n kans was dat iemand sou dagvaar. En, om alles te kroon, kom die bedanking laat-Junie van die voorsitter van die raad, Peter Carpenter. Weereens sonder redes. Einde verlede maand kry lede nog ‘n e-possie om te noem dat ‘n interim direkteur, Amande Smethurst, aangestel is; dat Laura Bamford oorgeneem het as waarnemende voorsitter, en dat alles voortgaan soos normaal. Jane Holland doop die hele affêre ‘poetrygate‘.

Die goeie nuus, selfs al is dit vir die verkeerde redes, is dat die lidmaatskap van die Poetry Society oor die afgelope twee weke bietjie gegroei het. Dit danksy Kate Clanchy. Sy het ‘n petisie begin om uit te vind presies watter knelpunte binne die echelons van die Poetry Society veroorsaak het dat al hierdie mense bedank het. Volgens die grondwet kan ‘n ‘Extraordinary General Meeting’ (EGM) aangekondig word as 10% van die lede dit vereis. Clanchy het voelers uitgesteek; weereens het facebook en Twitter begin brand, en haar groepie ondersteuners het vinnig begin groei. Party digters hernu hulle lidmaadskap wat verval het, andere praat openlik oor die feit dat hulle voel dat die Poetry Society dinge vererger deur te swyg.
Alastair Niven, OBE, en onder andere voormalige hoof van literatuur vir die British Council, skryf: ‘I have signed this requisition because I don’t know the ins and outs of what has been happening at the Poetry Society and believe therefore that there needs to be open discussion about the situation through an EGM. The Poetry Society is a national organisation charged with promoting every kind of poet, but it has a particular remit to educate and inform. This includes providing information about itself. I had thought that the days of in-fighting at the Society, which bedevilled it in my early years as Director of Literature at the Arts Council, were well and truly behind it, but sadly no. On the face of it the resignations of the President, Director and Finance Director of the Poetry Society are an utter tragedy. It is not only the members of the Society who deserve an explanation of what is going on, but so do the general public whose money makes possible the Society’s biggest provider, Arts Council England.’
Gillian Clarke, wat die posisie van nasionale digter vir Wallis beklee, sê wat baie dink: ‘We don’t want to know who quarrelled with whom. We do want to know what the disagreement is about. If there is a shift in emphasis in Poetry Society work, and how money is to be spent, tell us please. This cannot be kept under wraps. The truth will out, so let’s talk about it openly now.’ En die poet laureate, Carol Ann Duffy, het die volgende te sê: ‘As poet laureate, everywhere I’m going people are asking ‘What’s going on at the Poetry Society?’ and I don’t know […] We need some clarity, we need to know what is happening.” In haar kommentaar noem sy ook dat die vergadering moet fokus op ‘what the future holds, and the use of the grant […] We all want to be proud of the Poetry Society’.
Terwyl daar aan die bewoording van die rekwisisie gewerk word, laat weet die Poetry Society dat hulle ‘n algemene vergadering reël ‘to outline the future strategy of The Poetry Society and to receive members’ input‘. Verskeie blogs spekuleer dat dit slegs gedoen word om hulle die verleentheid van ‘n offisiele rekwisisie te spaar. Nietemin stuur Kate Clanchy op die 1ste Julie ‘n ope brief aan die Poetry Society, op daardie stadium onderteken deur 365 lede, insluitende Carol Ann Duffy, Gillian Clarke, George Szirtes, Alastair Niven, Vicki Feaver, Neil Astley, Imtiaz Dharker, en Michael Schmidt. Clanchy deel Laura Bamford se effe teleurstellende antwoord met al die ondertekenaars in ‘n e-pos en ‘n paar advokate onder die lidmaadskap gee kommentaar; veral verassend is dat Bamford se terugvoer glad nie die issue van ‘n die EGM aanraak nie. Dit is ‘n probleem, want die grondwet vereis dat ‘n EGM gehou moet word as 10% van die die lede daarvoor vra.

Op die 4de Julie, lees die rekwisisie soos volg: We, the undersigned, constituting as we believe ten percent of the members of The Poetry Society, having learnt of the resignation of the Chair of the Board of Trustees and the Director, the Finance Manager and the President of the Society, and in order to determine whether, in these extraordinary circumstances, the Board of Trustees has our continuing confidence, require the Board to hold an Extraordinary General Meeting, with a Chair elected by that meeting, to provide an explanation of the practices, policies and changes in policy which led to these resignations, and to answer questions on this matter from the floor. In order to avoid unreasonable expense to the Society, we require the Extraordinary General Meeting to be held before or instead of the General Meeting called by the Society at 2pm on 22 July 2011. Daar is meer as 400 ondertekenaars.
Kate Clanchy en kie sal op die 5de Julie die rekwisisie persoonlik by die Poetry Society se hoofkantoor aflewer. Dit is, voel mense, as Bamford se oorsponklik antwoord in ag geneem word, die enigste manier om die EGM te verkry sonder om regsgeleerdes in te bring. Clanchy dink ook dat dit belangrik is om fisies te wys hoe baie 10% van die lidmaadskap is: iemand het ‘n rooi kruiwa geskenk, en daar word beplan om elke naam uit te druk, die kruiwa vol te stop, en dit dan deur London se strate tot by die Poetry Society se voordeur te stoot. Clanchy verduidelik dat dit nie ‘n ‘press stunt‘ is nie, maar ‘more a way of celebrating what we have done with a cheerful and poetic symbol. Because, even though there are aspects of this which are a nasty bureaucratic squabble, the campaign for openness in itself has gathered people together in a spirit of humour and affection for each other and the Poetry Society.’
Hou maar ‘n ogie op die Britse pers om te sien wat verder gebeur – poetrygate is nog lank nie klaar nie. As jy toevallig ook ‘n lid van die Poetry Society is en graag die kruiwa wil ondersteun, kan jy tot en met middernag GMT op die 4de Julie (Dinsdag-oggend 5 Julie om 01:00, SA-tyd) ‘n e-pos aan kateclanchy@gmail.com stuur, met jou naam en lidmaadskapnommer. En as jy graag wil lid word, is daar ‘n aanlyn-vorm wat jy kan invul; jy kan dan dadelik ook jou stem uitbring indien jy sou wou.
….
The Red Wheelbarrow
deur William Carlos Williams
.
so much depends
upon
.
a red wheel
barrow
.
glazed with rain
water
.
beside the white
chickens.
Ian, baie dankie vir jou kompliment! Sulke waardering stel ons hoog op prys – want dit motiveer ons om voort te bou aan hierdie webblad vir die digkuns. Hoewel ons gereelde bloggers het wat hulle informatiewe skryfsels soos pêrels hier rondstrooi, verwelkom ons ook enige ander gepubliseerde digters wat ‘n bydrae wil maak.
Geniet die leesure hier – ek self het sommer al baie geleer!
Geluk: Versindaba bly ‘n heerlike aktuele webwerf. Ook tov die internasionale vers. Uitleg, alles puik.
Dankie-dankie, Ivan. Is inderdaad ‘n drama. Die kruiwa vol briewe is Dinsdag afgelewer, en die Poetry Society het William Carlos Williams-pruime aangebied…
‘I am sad to see the hard work of the Poetry Society to honour its national mission suddenly put at risk; the secrecy which surrounds the unexplained changes at the top needs to be set aside so that Society members and the funding bodies can see what has happened and why, and the Society, answerable again to its constituents, return to the apparently successful route it was on.’ – Michael Schmidt.
Die mees onlangste nuus is dat nog ‘n raadslid, Robyn Bolam, hierdie week bedank het. Die Poetry Society weier steeds om die details van die rekwisisie te erken – daar is geen nuwe informasie ten opsigte van die redes vir bedankings óf die reël van ‘n EGM in hulle korrespondensie met lede nie. Kate Clanchy het die ondertekenaars laat weet dat sy pro bono regsadvies kry, aangesien die standpunt van die Poetry Society tans onkonstitusioneel is.
Martin Alexander, poësieredakteur by die Asia Literary Review, se nuwe webwerf hou ‘n ogie op verwikkelinge; daar kan jy ook kommentare deur bekendes en onbekendes lees (‘I am just an ordinary member, living in rural Bedfordshire, no contacts amongst the great or good … not part of any faction or clique, who has viewed the growing crises at the Society with concern’ – Victoria Cichy). Carol Ann Duffy en Gillian Clark verklaar: ‘Poetry is truth. In poetry’s name, and on behalf of all poets, we urge the Poetry Society to meet its members’ request for the truth, so that together we can shape our Society’s future, and make it fit for the art whose name it carries.’
En ja – die subsidies speel natuurlik ‘n groot rol. In Maartmaand het die Arts Council England bekend gemaak wie geld kry en wie nie; hulle algehele befondsing is ook, soos in Nederland, gesnoei. Daar was groot verloorders maar die Poetry Society was gelukkig, en hulle kietieboks het tot £360,000 gegroei. Die algemene gevoel is juis dat hierdie hele affêre begin het as gevolg van onenigheid oor die gebruik van die Poetry Society se toelae…
Wat ‘n gedoente, Marcelle! Uiters insiggewend. Poetrygate, nogal net mooi toe die Britte begin gewoond raak aan hul poësiestrukture wat soos ‘n gladgeoliede masjien loop na die gemors met die Oxford Professor of Poetry …
Hou ons asseblief op hoogte? Veral as dit lyk asof dit beleidskwessies (en nie persoonlikhede) is wat tot die breekspul aanleiding gegee het.
Terloops, in Nederland staan die vlamme dakhoog oor die staatsbesnoeiing aan kultuur-subsidies. Speel dit ook in Engeland ‘n rol? Maw, sit die Poetry Society meteens met ‘n verkleinde staatstoelae?
Fassinerende storie, dié. Dankie daarvoor.
Geluk ook met jou prominente vermelding op die nuwe webtuiste! 🙂
‘n Nuwe webwerf met details en links oor die Poetry Society debakel het sopas verskyn, vir diegene wat belangstel: http://thepoetrysocietyuk.wordpress.com/