is dít dan waarna ek moet gryp?
is dít dan hoe die einde lyk?
as stingel verdor deur wortelhaar
as spriete mank werwel aan saad
as rugstring buk vir winterslig?
wag maar, wag maar –
vir vonk en knetter, of die knak, oplaas.
is dít dan hoe die einde lyk?
is dít dan waarna ek moet gryp?

