Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 August 2011

Andries Bezuidenhout. Die gebou as gedig – oor biblioteke in Kopenhagen

Ek het die onderhoud wat Louis Esterhuizen met Andries Samuel oor sy digbundel Wanpraktyk gevoer het baie geniet. Lees dit hier. Andries wil hom nie in ʼn blik laat druk as dit kom by die verhouding tussen sy werk as argitek en sy digkuns nie. Hy noem dat hy sy eie lewe nie ironies ervaar nie, maar dat ʼn mens nogtans ironie in sekere aspekte van sy gedigte sou kon inlees. Ek wens ek kon sien hoe die geboue lyk wat Andries Samuel ontwerp.

Ironie is nogal ʼn onderwerp in die argitektuur ook. Ek verpes die meeste postmoderne argitektuur, aangesien dit meestal nie regkry om ironies te wees nie. Veral nie in die Suid-Afrikaanse konteks nie. Die gespeel in die 1980s met Europeserige gewels en torings lyk meer soos pogings om bang wit mense veilig te laat voel op ʼn landskap wat besig is om onder hulle voete uit te skuif. Maar dalk mis ek iets.

Kan ʼn argitek se gedigte verraai hoe sy geboue sal lyk? Ek weet nie. Ek is nietemin baie bly ons is, wat argitektuur betref, terug by die strakker lyne van modernisme. Of mens deesdae se geboue modernisties kan noem,  weet ek ook nie. Dalk neomodernisties? Van argitektuur weet ek te min. Om myself hieroor uit te spreek sou seker deur Andries Samuel as ʼn wanpraktyk gesien kon word. Ek skryf maar oor waarvan ek hou en waarvan ek nie hou nie. Dalk ook wat ʼn mens onseker laat voel oor waarvan jy hou en waarvan jy nie hou nie. Soos die nuwe anneks tot die Koninklike Biblioteek hier in Kopenhagen.

Die gebou staan op Søren Kierkegaard-plein, reg langs die hawekanaal. ʼn Ontwerp deur die argitekfirma Schmidt, Hammer & Lassen is na ʼn internasionale kompetisie in 1993 gekies. Konstruksiewerk is in 1999 voltooi. Die gebou lyk asof dit in twee gesny is, asof iemand dit soos ʼn dik volume van Grundtvig se versamelde werke oopslaan. Dis met gepoetse swart marmer oorgetrek, sodat ʼn mens die wolke, ander geboue en die landskap rondom die biblioteek daarin gereflekteer sien. As dit nie so groot was nie, sou dit in ʼn spieël van die landskap kon verdwyn.

Vanuit die noorde gesien
Vanuit die noorde, nader
Aansig vanuit die suide
Die kanaal, ouer Kopenhagen
Lig en lug
Uitsig op die kaai
Slotsholm, setel van mag, in die agtergrond

Dis nie net modernistiese geboue wat landskappe reflekteer nie. Nou die aand stap ek en Irma verby die ou Universiteitsbiblioteek. Dis ʼn lieflike gebou. Die biblioteek is in 1482 reeds gestig, maar die huidige gebou is van 1857 tot 1861 opgerig. In daardie tyd is dit seker ook as hipermodern gesien, alhoewel dit historiese verwysings na Middeleeuse Italië bevat, aldus my gids oor Deense argitektuur. Spesiale boutegnieke is gebruik om vure te voorkom, want Kopenhagen het helaas ʼn traumatiese geskiedenis as dit by vure kom. Die biblioteek se hele versameling is in 1728 in ligte laaie gelaat tydens een van die stad se vele vure. Gatslag. Twee en ʼn half eeue se boeke en geskrifte daarmee heen.

Die ou Universiteitsbiblioteek
Vlakke binne en buite

Nietemin, die oprigting van die eerste modernistiese geboue (spesifiek in die funksionele of internasionale styl) in Kopenhagen het tot grootskaalse betogings gelei. Mense het gevoel die argitek – Arne Jacobsen in hierdie geval – respekteer nie die stad se geskiedenis nie. Iemand het voorgestel dat hy tereggestel word. Ek kan soortgelyke emosies en indrukke van geboue as kind onthou. Reeds toe was ek nostalgies oor ou geboue en hartseer oor stedelike verval. Ek het die bewaring van Kerkplein in Pretoria as lewensnoodsaaklik beskou. Ek dink nou nog so, maar eerder as om nuwe geboue kunsmatig te laat lyk asof hulle uit ʼn ander era kom, verkies ek ʼn reguit lyn deur die geskiedenis. Solank daardie reguit lyn net nie beteken dat ʼn gebou van historiese waarde moet sneuwel nie.

In Denemarke het mense mettertyd aan modernistiese konstruksies begin gewoond raak, selfs ʼn nasionale voorkeur daarvoor ontwikkel. Die gebruik om strak modernistiese strukture te gebruik vir annekse wat aan ouer geboue vas is, het heel gewild geword. (ʼn Ander voorbeeld hier in Denemarke is die Ordrupgaard kunsmuseum se anneks.)

Ek is onseker oor hierdie biblioteekanneks. Dit betower my op een vlak. Dit lyk soos ʼn mooi gebou vir boeke. Dis dalk soos een van daardie gedigte waarvan ʼn mens onmiddellik hou, maar jy weet nie heeltemal hoekom nie.  Hoe gaan dit verouder? Gaan ʼn mens dit weer en weer wil lees? Gaan dit aanhou om lig op nuwe maniere te breek en te reflekteer? As die marmer ophou blink, wat bly oor? Dis die probleem met baie modernistiese geboue. Hulle verouder nie so goed nie.

Bron:

Olaf Lind en Annemarie Lund. Top 50 Architecture Copenhagen (2007, Arkitektens Forlag), bls. 70-71; 130-131.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digstring indeks
Louis Esterhuizen wen die Proteaprys vir Poësie vir 2011 →

4e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Die gebou as gedig – oor biblioteke in Kopenhagen”

  1. Desmond says:
    24 August 2011 at 06:08

    Ek sien uit!

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    23 August 2011 at 15:33

    Desmond, die operahuis bied helaas nie op die oomblik iets aan nie, weens die somervakansie. Die gebou het egter ‘n baie lekker storie om te vertel, oor struwelinge tussen die ryk man (die oubaas van Maersk) wat die geld gegee het daarvoor en die argitek. Die twee het juis meningsverskille gehad oor hoe geboue verouder. Meer daaroor later.

    Reply
  3. Desmond says:
    23 August 2011 at 10:09

    Søren Nils Eichberg is glo tans ‘composer in residence’ by die Deense Simfonieorkes. ‘n Ander Deense komponis om na te luister, is Rued Langgaard:

    “Music of the spheres is one of his better-known works. It is a symphonic work of great complexity, calling for a large orchestra, organ and choir, a supporting (distant) orchestra including a soprano voice, and a further piano on which the strings are played directly rather than via the keys. It was composed during World War I, but only performed twice (in Germany in 1921-1922) during Langgaard’s lifetime and lay dormant for almost 50 years before being rediscovered. When it was rediscovered in the late 1960s, it was considered remarkably modern and reflective of the pathfinding style in which Langgaard composed.”

    Reply
  4. Desmond says:
    23 August 2011 at 10:05

    Fassinerend, Andries! Mens wonder hoe lyk die operahuis en die konsertgebou, en of daar dalk ‘n standbeeld van Nielsen is…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d