Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 September 201120 December 2012

Louis Esterhuizen wen die Proteaprys vir Poësie vir 2011

 Louis Esterhuizen

Tydens die 7de jaarlikse Versindaba wat op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch gehou word, is die Proteaprys vir Poësie vir die beste Afrikaanse digbundel van 2010 op Saterdagaand 24 September 2011 by die Lanzarac Hotel, vir die sewende keer oorhandig. Die wenner is vanjaar Louis Esterhuizen vir sy bundel wat die water onthou.

Baie geluk, Louis!

 COMMENDATIO (opgestel deur prof. Henning Pieterse):

Water, as oerbron, as heilige en geduldige element, is die sentrale beeld in hierdie bundel. Tematies word hierdie simbool en metafoor – met betrekking tot binding, ontkieming, begin, einde, lewe en dood, kuns, geheue en liefde – regdeur in fyn afgewerkte, liriese verse ontgin, onder meer by wyse van talle see- en rivierbeelde en metafiksionele “akwarelle”. Kaplinski se woorde “No self. Water again water” en reëls uit Van Ostaijen se “Melopee” word vernuftig verwerk in gedig na gedig. Telkens word verskeie fasette van water ingespan in verse oor jeugherinneringe en dan, veral, die liefde. wat die water onthou is ‘n hoogtepunt in Louis Esterhuizen se oeuvre en ‘n waardige wenner van die Proteaprys vir Poësie.

DIE PROTEAPRYS VIR POËSIE

  • Die prys word elke jaar toegeken vir die beste Afrikaanse digbundel wat by enige uitgewer gedurende die vorige jaar verskyn het.
  • Alle gepubliseerde digbundels gedurende die vorige jaar tot en met Januarie van die jaar waarin die prys toegeken word, verskyn het, kom outomaties in aanmerking.
  • ‘n Bundel word dus eenmalig oorweeg vir die prys.
  • Bloemlesings, versamelde werke, vertaalde werke en herdrukke kom nie in aanmerking nie.
  • Dieselfde digter mag die prys meer as een keer (vir verskillende bundels) ontvang.
  • Die beoordelaarspaneel bestaan uit drie lede wat deur Protea Boekhuis aangewys word. Vanjaar was dit Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard en Henning Pieterse.
  • Die prys bedra R10 000 en ‘n geraamde protea.

 

Die volgende bundels was vanjaar onder die aanspraakmakers op die prys: Johan Lodewyk Marais met Diorama en Melt Myburgh met oewerbestaan. Myburgh het tydens die Versindaba wel die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel ontvang.

Die Proteaprys is voorheen aan Charl-Pierre Naudé (2005), Gilbert Gibson (2006), Antjie Krog (2007), Loftus Marais (2009) en Breyten Breytenbach (2008 en 2010) toegeken.

Lees die onderhoud wat Andries Visagie met Louis Esterhuizen gevoer het

oor sy digbundel wat die water onthou.

Volg ook die digstring van een van die gedigte uit die bundel.

wat die water onthou
wat die water onthou

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Die gebou as gedig – oor biblioteke in Kopenhagen
Louis Esterhuizen – vertaling in Engels →

18e gedagtes oor “Louis Esterhuizen wen die Proteaprys vir Poësie vir 2011”

  1. Chris Gilfillan says:
    1 October 2011 at 23:10

    Wat ‘n prestasie, welverdient.

    Reply
  2. Chris Coolsma says:
    28 September 2011 at 06:31

    Geluksvoël! (ek waag nie om die woord ‘bofkont’ nog te besig in hierdie geselskap nie). Ek het daardie 8 bundels opgestapel op ‘n tafel en ‘n heildop (heilfles) geoffer aan die geluksgode.

    Reply
  3. Francis: says:
    26 September 2011 at 17:44

    Baie geluk Louis. My eksemplaar van die bundel is toe nog nie geteken nie…sal dit saamdra na die volgende geleentheid.

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    26 September 2011 at 12:34

    Baie geluk Louis!

    Reply
  5. Danie Marais says:
    26 September 2011 at 11:21

    Baie geluk, Louis! Welverdiend.

    Reply
  6. Lewies Botha says:
    26 September 2011 at 07:12

    Baie geluk Louis

    Reply
  7. Rene Bohnen says:
    26 September 2011 at 05:32

    Baie geluk Louis! Mag die vreugde bly vloei:-)

    Reply
  8. Louis says:
    25 September 2011 at 19:49

    Dankie vir al die gelukwensinge hierbo … En ja, inderdaad gróót feesvieringe hierdie kant. Dankie ook aan almal wat die aangeleentheid so spesiaal gemaak het vir my en Marlise. Watter onvergeetlike fees was hierdie Versindaba-naweek nie gewees nie! Onverdunde vreugde van begin tot einde. 🙂

    Reply
  9. Carina Stander says:
    25 September 2011 at 18:55

    Louis – handeklap & wolwefluit, dis ‘n welverdiende prys! Ek is so bly saam met jou.

    Reply
  10. melt myburgh says:
    25 September 2011 at 18:52

    Baie geluk, Louis. Dankie dat ons kon deel in die viering.

    Reply
  11. Cas Vos says:
    25 September 2011 at 16:12

    Louis, vat vyf. Van harte geluk met die prys. ‘n Bundel suiwer soos water. Mag jy net soetheid proe.
    Cas Vos

    Reply
  12. carina says:
    25 September 2011 at 08:29

    Die ATKV-veertjie het verby gegaan, maar die Protea-prys het vas bly steek! En ek vra my af of die 2de nie ‘n groter eer is nie? Maar natuurlik mag mens nie pryse met mekaar vergelyk nie. Hoe meer pryse vir Afrikaanse letterkunde hoe beter. GELUK LOUIS, ook vir Marlise en haar skilderaksies, waarsonder hierdie bundel seker nie so goed tot stand sou kom nie. Julle is ‘n uitsonderlike paartjie!!!

    Reply
  13. Desmond Painter says:
    25 September 2011 at 07:35

    Baie geluk Louis! ‘n Mooi bundel en waardige wenner.

    Reply
  14. Daniel Hugo says:
    25 September 2011 at 06:36

    Die water onthou, maar die wyn vergeet. Baie dankie vir gisteraand se wyn. En, o ja, baie geluk!

    Reply
  15. Breyten Breytenbach says:
    25 September 2011 at 01:07

    Skote Petoors-Esterhuizen! Nou net die nuus gekry hier in die verre noorde van Algiers, en ek gaan nou sommer weer in die laatnag ‘n kroeg probeer kry vir ‘n heildop – wat dalk ‘n probleem gaan wees in ‘n onthouende land, maar dis die moeite werd en dit maak die tong en die hartskubbe warm. Geluk!!!

    Reply
  16. Jasper van Zyl says:
    24 September 2011 at 23:28

    Hel, Louis, dis ‘n grote! Baie geluk!

    Reply
  17. Izak de Vries says:
    24 September 2011 at 22:48

    Baie geluk, Louis! Ek is verskriklik trots!

    Reply
  18. Marga Collings says:
    24 September 2011 at 22:33

    Baie, baie geluk, Louis!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Pierce van Tonder. Drumpel
  • taki du plessis. NPvWL
  • taki du plessis.  Sonnet vir NP
  • Margaret Cordier-Biermann. My land het nou geword
  • AVBOB Persverklaring: Wenners van AVBOB Poësiekompetisie

Nuutste kommentaar

  1. Johan Anker on Joan Hambidge. Sheila Cussons2 October 2026

    Baie dankie vir hierdie bespreking! Ek is self n groot bewonderaar van Cussons en het elke Pinkstertyd haar gedigte met…

  2. Joan Hambidge on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)28 September 2026

    Dewald, dankie vir hierdie argivering. Die buitengewone kennis van die digter en literator is verbysterend.

  3. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  4. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  5. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d