Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 September 201128 August 2011

Lucie Möller. Twee gedigte

Die vloksy rok    

           

Geskenke het blink bly skommel

toe hy haar hand kom vra: duur bly afsteek

teen haar blousis rokke met blommetjie-wit

omboorsel, die verlepte tooisels

van geperste fluweel om die bolyf,

en onderrokkies van Sjinese krip  

met geskulpte Holland kant.

 

Sy’t haar rok met trots gedra,

dié rok, háár rok van gevlokte sy;

haar vingerpunte bly uitsteek

om die soomsvoue net-net op te lig,

 

en oor die werf gestap op polfyntjies

tussen polle sprietgras deur om die molslaai-

blom in sy weerlose geel nie te vertrap nie,

maar nóg te sien verkleur.

 

En, elke keer as die saadvlieërs,

sag soos floretsy, sag

van die leeutand se stam oplig

en wegdryf op die wind

voel sy haarself saam op beur:  

 

Haar voetstappe tussen draaiende tolbos 

hoef sy nie meer te markeer nie, oor haar erf

so oneindig oop en leeg gesloop lyk;

oor slote soos grondrowe

oral begin oopskeur rondom haar.

 

Sy wat nie kon weet

hoe sy moes aanhou regop loop

om haar tree in te pas nie;

om vrolik en minlik, sonder vrees

vrou te word van ‘n man.

 

 

*

 

Voorbrande

                        Uit: Boek vir vroue, Deel I:

 

Voorbrande vleg swart linte 

oor die winterige heuwels

van die middellande.

 

Vuurvegters skroei polle gras

binne en buite die drade

kruis en dwars

alkant tot veilige afstand.

 

Jy hardloop voor my uit

om eerste op die spaaider te klim:

Die swart knopiespinnekop 

wat tussen denne staan en wieg.

 

Ek voel die fluweel lint

so maklik gly

uit jou bos rooibruin hare;

 

hoe dit op die grond beland

steeds vasgestrik

soos ‘n klein verbond.

 

Maar, toe jy dit argloos optel,

en ‘n vaster vlegsel bind,

het dit bewend soos ‘n agpoot

op jou agterkop bly bons,

 

en het jy vir altyd

uit ons blinkjeug dae

op die kapkar weggery.

 

Die voorbrande lint

oor my vaalbruin dae,

kronkel en keer verniet

áls wat brand in my hart.

 

© Lucie Möller. 2011

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Lucie Möller. Met hande soos van hout & potskerwe (2 gedigte) →

1e kommentaar op “Lucie Möller. Twee gedigte”

  1. Ian Raper says:
    9 September 2011 at 14:51

    Baie goed afgemeet. Kyk hoe blyk die materiaal as dit los woorde is: fluweel lint.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d