Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 2011

Andries Bezuidenhout. ʼn Kykie deur ʼn visoog na Digkyk

Vanoggend ʼn draai in Melville gaan maak om van nader na Digkyk te kyk – werke deur Hans Pienaar en Charl-Pierre Naudé, laasgenoemde as beeldende kunstenaar onder die naam Jan Kolonie Hoenderdief. Die uitstalling is in een van die winkels – op die oomblik nie deur kasregisters beset nie – in “Ou” Melville (in die foto hier onder). Dit het my ʼn bietjie aan Berlyn laat dink; ou geboue met leë ruimtes wat deur kunstenaars gebruik word vir uitstallings en opvoerings. Melville het juis ʼn kroeg met die naam Berlin gehad, maar dié is nie meer daar nie.

Wopko Jensma-galery in Melville (maar die busbankie is leeg)

Hans Pienaar se deel van die uitstalling is kleurfoto’s; elk met ʼn gedig wat met die foto in gesprek tree. Die gedig laat ʼn mens anders na die foto kyk. Die vooraansig van ʼn huis in Namibië word ewe skielik ʼn gesig, die slot aan die deur ʼn druppel snot. Die foto’s is reg oor die wêreld geneem, van die noorde van Noorweë, tot in Suid-Afrika.

Hans Pienaar: Foto's met gedigte

Vir my is een van die mooistes ʼn foto van ʼn advertensie teen ʼn muur in Vrededorp. Die gestileerde advertensie met beelde van antieke ruïnes staan in kontras met die verval gebou en sypaadjie. Die gedig daarmee saam is “Ark”:

Die plaveisel is opgebreek. Geen
bouval is per toeval. Hulle sal
een van die dae begin grawe onder
die spore van motore en allerlei
ontdek: Fondamente, rysmierneste
en imperiale reste. En rof gebytel:
Reeds die tekens na monumentale
bestemmings in die hope afval

Hans Pienaar: Ark

Charl-Pierre Naudé se “metafoorposse” werk met kort sinsnedes – meestal in beide Afrikaans en Engels – wat met digitaal gemanipuleerde sketse deur die kunstenaar kombineer word. Soms bots beeld en woord. ʼn Nuwe betekenis kom só tot stand. Daar is byvoorbeeld een van ʼn grot met vlieërs in. Onderaan staan: “Batty Cave”. Skielik lyk die vlieërs soos lawwe vlermuise.

Jan Kolonie Hoenderdief se metafoorposse

Een van my gunstelinge is die een hier onder:

Jan Kolonie Hoenderdief: Tiek tok...

My kamera se visoog kan nie reguit lyne sien nie, helaas. Gaan maak gerus ʼn draai. Die uitstalling se deur word soggens om 10:30 oopgesluit en bly oop tot in die aand – ek dink 20:00 – sodat Melville se vroeër nagdiere kan ook ʼn kans kry om daarna te kyk. Die werke is te koop. Tot 30 Oktober.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hans Pienaar. Digkyk / Eye poetry
Pieter Odendaal. Meer as wat enigiemand kan verbeel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d