SINTESE
Ons vroegtes is `n viering
gestrik in bloeiselgoed
drome word traer gelint
nagedagtes hang verlep en los
verdriet staan ingebind
in die rouringe van bome
alle waarwordinge plant voort
in bas en mospatrone
intussen knoop ons digitaal
die kosmos in koeplette vas
uit aanvange en sluitstukke
wat tik in skulp en klip.
© Zandra Bezuidenhout, 2011

Zandra, sal graag kontak met jou wou maak. Alta
Pieter, jou opmerking word waardeer. Dankie.
Zandra
‘n Aangrypende gedig! Veral “verdriet staan ingebind / in die rouringe van bome” is onvergeetlike reëls. Dankie hiervoor, Zandra.