Breyten Breytenbach. windeier, sommer

windeier, sommer

In ‘n poging om die vertaalde Tranströmer vers van vanoggend uit die web te lok, te knip en dan oor te plak en aan te stuur vir ‘n ou digtersvriend (halfbroer) wat nou saam met sy Turks-Amerikaanse vrou met irisse boer iewers in Toskane – immergroen knolplant met pronkerige blomme, flap; reënboog; reënboogvlies v.d. oog: dankie, VAW – want hy staan ook met die een voet in die gapende graf van ou briewe (die vlietende reënboog is ‘n vlieslied) / en omdat ek nie weet hoe om dit te doen nie, hoe om te vertaal nie, kry ek toe die volgende resultaat. (My tata sê daar is nog baie poelpetate in die Vrystaat – jy beter jou patats oppas!)

 

Answers to Letters

In the bottom drawer of my desk I come across a letter that first arrived twenty-six years ago. A letter in panic, and it’s still breathing when it arrives the second time. A house has five windows: through four of them the day shines clear and still. The fifth faces a black sky, thunder and storm. I stand at the fifth window. The letter. Sometimes an abyss opens between Tuesday and Wednesday but twenty-six years may be passed in a moment. Time is not a straight line, it’s more of a labyrinth, and if you press close to the wall at the right place you can hear the hurrying steps and voices, you can hear yourself walking past there on the other side. Was the letter ever answered? I don’t remember, it was long ago. The countless thresholds of the sea went on migrating. The heart went on leaping from second to second like the toad in the wet grass of an August night. The unanswered letters pile high up, like cirro-stratus clouds presaging bad weather. They make the sunbeams lustreless. One day I will answer. One day when I am dead and can at last concentrate. Or at least so far away from here that I can find myself again. When I’m walking, newly arrived, in the big city, on 125th Street, in the wind on the street of dancing garbage. I who love to stray off and vanish in the crowd, a capital T in the mass of the endless text.

TOMAS TRANSTRÖMER (1981)Vertaal deur Robin Fulton.

 

Wat volg is die… (gevolg) van die poging om die ‘oorspronklike’ weer te herstel, veral die lynafbakening, en dit word toe ‘n spel van vraag en vervaging. Vraag: Hoeveel ‘stemme’ is daar opgesluit in ‘n teks? Wat is die eggo’s wat jy hoor, en hoekom? (Iewers onder die woordhopies en letterstrepies – meen jy – is daar iets waar te neem van die primordiale kreet.) Stom kreet? En dit kan nie vervals word nie? Wie toor daar in die toring? Jy kan tog nie uit die gedig ‘vertaal’ (vertaalhaal) wat nie reeds daar is nie, al waai die woorde ook weg op die wind. Vertaal is windverwoording.

Natuurlik kan dit vir ewig aanhou. Ons gaan dood, kom tot ‘n einde, omdat daar te veel alternatiewe is. Zeno se aksioom – dat die ewigheid of die oneinde bestaan (en nie bestaan nie) omdat dit wat jy wéét of hét weer en weer verdeel (en gedeel?) kan word. (En weer.) Wat se ‘spore’ bly oor van ‘n ‘eie’ (hoeveel vere van die eier) in die variante? “Le mouvement, fut-il chaotique: jusqu’ici, on n’a pas trouvé mieux contre la mort.” Synde: Beweging, al is dit ook chaoties: tot dusver het ons nog nie iets beter teen die dood gekry nie. Meerstemmige beweging?

Let daarop hoeveel slaankrag of wagkrag opgesluit lê of losgelaat word in jou keuse (?) van enjambementering. Jy sou kon argumenteer dat dit juis dáár is dat beweging ontstaan… en waar die paaie (moontlikhede) vurk. (Jy – ek? – bevraagteken die keuses gemaak, bewustelik of nié, deur die twyfelende Tomas, of sy vertaler. Jy begryp nie mooi hoekom die some juis dáár gestik is en nie elders nie. Jy ‘onteien’ die maker/versaker. Jy neem ‘n bietjie van sy las oor. En sy laste? Versmaker. Versmakker. Makkelaar. Maakmekaarmak. Die digter hakkel sy woorde tot begrippe soos die makelaar sy aandele tot wins.}  

 

answers to Letter

a letter that first

    a letter in panic, and it’s

        the second time.

four of them the day

      black sky, thunder

         window. The letter.

Tuesday and

         may be passed in a

              line, it’s more of a

wall at the right

steps and voices, you

          there on the other side.

I don’t remember, it was

         of the sea went on

             second to

                 an August night.

like cirro-stratus

             make the sunbeams

One day when I am dead

            so far away from

When I’m walking,

              in the wind

                 to stray off

                    in the mass of the endless

 

 

(“skryf is hoed afhaal en vertaal”)

 

gee my jou jas en jou tarentale

kom laat ons stotter in al die

valerwordende vokale van skemering

 

maar gee my jou taaljas

jou droomtrommel en jou maan-

oppas: dat ons saam mag vernaam

 

© Breyten Breytenbach. November 2011 

 

 

 

Bookmark and Share

6 Kommentare op “Breyten Breytenbach. windeier, sommer”

  1. Evette Weyers :

    Breyten , jy is pure binnebek babbel en baldadig woord-babbelas lekker om te lees.

  2. Charl-Pierre Naude :

    Wat ‘n pragtige Transtromer-gedig, en wat ‘n mooi Breytenbach-gedig ook. Die “endless text” maak darem op ‘n goei dag opslaggies.

  3. Breyten Breytenbach :

    Wat ek nog wou verduidelik, Charl-Pierre, is dat ek met die aflaai van/op die werf die lynindelings kwytgeraak het, dat ek toe aan die hand van die ‘regte’ weergawe die reëleindes probeer identifiseer en herstel het en natuurlik in die proses gefassineer geraak het deur die asemophou of versnelling of take-off (opstyg) aan die einde van byna elke reël van die oorspronklike. Vandaar toe, en byna vanself, die cut-up. Ek wil amper beweer dat indien mens die woorde van ‘n gedig in ‘n beker sou skommel en dan op die blad uitgooi, die nuwe samestelling en saamvoeging in essensie nog steeds dieselfde gedig sal daarstel. Aanvegbaar, ek weet – ook omdat dit lei na konsekwensies waarvoor ek nie noodwendig man kan staan nie – alhoewel dit opwindend is om die beer met kaal hande te probeer aanvat!

  4. Evette Weyers :

    Dat die essensie van die gedig nog sal praat laat my dink aan die gedig oor die essensie van die gedig ;

    In the same way that the mindless diamond keeps
    one spark of the planet’s early fires
    trapped forever in its net of ice,
    it’s not love’s later heat that poetry holds,
    but the atom of the love that drew it forth
    from the silence: so if the bright coal of his love
    begins to smoulder, the poet hears his voice
    suddenly forced, like a bar-room singer’s — boastful
    with his own huge feeling, or drowned by violins;
    but if it yields a steadier light, he knows
    the pure verse, when it finally comes, will sound
    like a mountain spring, anonymous and serene.
    Beneath the blue oblivious sky, the water
    sings of nothing, not your name, not mine.

    © Don Paterson

  5. Breyten Breytenbach :

    Dankie, Evette, vir hierdie mooi herinnering aan die mindless mindfulness van dig. Mens sou ‘n waarskuwing aan die kosyn van jou werkkamer moet spyker: “Mind the word!”
    Ek ken ‘n bywonersplaas met die naam Watersang.
    Groete!

  6. Evette Weyers :

    Sonder speelsheid sal die aarde ‘n droë vervelige plek wees. Somber en banaal met ‘n staatsdiens mentaliteit.

    Daar is ‘n heerlike teenstelling vir homo ludens.
    ‘The universe surrenders to the spirit of play.’

  •