Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 November 201110 February 2020

Breyten Breytenbach. Goeie raad uit die stof

Daar kom ‘n tyd, soms voel dit soos tye, wanneer mens moet begin uitsorteer, weggooi, wegpak. En dan is dit skielik asof stemme uit ‘n verlede waarvan jy lankal vergeet het weer boontoe kom. Miskien omdat jy nou nader aan hulle is.

In Parys is die stof onsigbaar. Jy sien of ruik dit nie – alhoewel Parys ‘n besonderse reuk het, soos alle stede maar. Dis waarskynlik die enigste plek op aarde waar jy my ná ‘n afwesigheid van jare geblinddoek in die middel van die nag kan los en ek sal instinktief wéét waar ek is. Niks te doen met sentimente nie – bloot die palimpses van oorlewingspatrone, reise en drome wat hier weggeraak het.

Maar trek jy na ‘n lang tyd ‘n laai oop of gaan soek op ‘n boonste rak na ‘n verlore meesterwerk, dan is dit daar in ‘n lagie: die klewerige gitswart stof van Parys. Dis natuurlik die stadsbesoedeling – arglistig, die onwaarneembare verstofliking van ‘n stad waar miljoene mense lewe en beweeg, met strate vol motorkarre (“stink, warm beeste,” het Jan Rabie hulle met misnoeë genoem) en onsigbare rook. Miskien is dit meer roet as stof. (En die stad is nogal trots op sy nuutgewonne skoonheid en suiwerheid, dat allerlei voëlsoorte na vele geslagte weer teruggelok is na die parke. Oorkant my ateljee woon ‘n egpaar kraaie in die bome; hulle hou my dop. Daar’s nie haas nie.)

Daar is ou notaboeke, ongepubliseerde gedigte op dun velletjies papier nou haas onleesbaar, ‘n bestellys van maandelikse ‘ekstras’ aangekoop in Pollsmoor-gevangenis teen die einde van jou tyd daar – waaronder drie soorte tabak, natuurlik vir die smokkel in ruil vir vrugte of leesstof. ‘n Swartbesmeerde lêer val oop. Briewe van André, Karel Schoeman, Ampie, Jan (o.a. uit Kreta)…

Dis ‘n poskaart van Peter Blum. Op die voorkant jou naam en adres. Die stempel wys dis om 2.15pm die 14de September 1967 in Chiswick gepos.

Soos die toeval maar maak, noudat alles begin toeval en swaar van voorbodes en ‘tekens’ is, het jy enkele dae gelede in ‘n ander lêer op ‘n brief van Henrietta Blum afgekom, twee ligblou velletjies lugpospapier… “Jou brief van 1967 het ek op die tafel in die woonkamer gekry en dit as teken van Peter aanvaar, dat ek vir julle moet skryf: op 5 Desember het hy in die hospitaal gesterf. (HB se brief is gedateer 8 Desember 1990) [-] Dankie dat jy met soveel innige waardering van sy gedigte gepraat het. Die mense het Peter nooit verstaan nie. Hy wou nie laat agterkom hoe verlore en ontuis hy voel nie. Een maal ‘n vlugteling, vir ewig ‘n vlugteling.”

Wat hét geword van Peter Blum se gedagtes? Wat wou hy te kenne gee met die boodskap? (Die ander kaarte was veel meer wrang, pittig, skunnig, snaaks.) Waarskynlik het jy op daardie stadium vreeslik vol van jou eie voortvarende selfvoldane insigte vir hom die liviete probeer voorlees oor wat in Moermikland gebeur. En wat sou die toepassing kon wees op wat nou aangaan, sê nou maar aan die Skellumbos Universiteit, die witgemuurde vesting van behoorlik onnosele maar so gedienstige ‘etiese’ ydelheid?

   

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. windeier, sommer
Louis Esterhuizen. Brian Eno se suikerklontjie vir die poësie →

2e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. Goeie raad uit die stof”

  1. adriaan coetzee says:
    12 November 2011 at 08:48

    so gepraat van P. Blum, geagte Breyten, verskoon die voete(aai kant dans):

    Jong tik-dealer

    Die globe se slangnek suig ammel op en neer.
    Dis mos die empty safe se draaiboek daai.
    Ons hok is met post-dated tjeks verbeur,
    so hier deal ek nou op straat woordslaai.

    Sam Sung Spieëlberg en sy filmcrew V’rinnewee
    het my suster gedrug en haar naam geskaai.
    Nousy ôk ‘n piece-for-rent op hoek sonner eer,
    haar debut gangbang op U-tube gelaai.

    Ma’ djy wil weghol van hie’ virre rukkie-
    Chill nou, jackie celebrities salie pla,
    ammel innie sak vir cheap en ‘n tikkie.

    At least het djy die berg vir djou trippie.
    Dja, Mêrrim, onse backdrop sonner weerga.
    Hy’s hoeka nou ‘n wonderlike ou klippie.

    Reply
  2. melt myburgh says:
    8 November 2011 at 18:08

    Ek seg dankie saam met Miesies Blum.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d