Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 April 2012

Joan Hambidge. Adrienne Rich (1929 – 2012)

Joan Hambidge. Adrienne Rich (1929 – 2012)

 

What kind of beast would turn its life into words?
What atonement is this all about? (Twenty-One Love Poems)

 

Min kon soos jy,

‘n telefoon in ‘n donker labirint

hoor lui in ‘n tyd

toe die liefde tussen vroue

oorlog kon ontketen.

Jou gedigte word ‘n atlas

van hierdie onbesonge verkenning.

In ‘n labirint met ‘n dun, silwer draadjie

om die verskuilde uitgang te vind,

verset jy jou teen selfbejammering:

“I love the scar-tissue she handed on to me,
but I want to go on from here with you
fighting the temptation to make a career of pain.”

Vir eensgesindes maak jy vele binnelandskappe oop,

die breedte- en lengtegrade van intieme kontinente

verken jy in onthutsende vers na vers.

Die digkuns vir jou inderdaad ‘n versus.

Vir strydvaardiges is jy saam in opstand oor

ongeregtigheid: sinnelose oorloë, sensuur, verdrukking.

“And my incurable anger, my unmendable wounds
break open further with tears, I am crying helplessly…”

Hoe versoen ‘n mens ‘n labirint met ‘n atlas?

In die stil nag lui ‘n verbeelde foon eentonig

met my venster oop: wetend jy had gelyk,

hulle is steeds die wetmakers en kartograwe

van die liefde én die rymende bedryf.

Ook haar vertrek hou my gevange in ‘n donker labirint;

danksy jou intieme atlas bereis ek verre lande,

ontdek die onbesonne vreugdes

in afgeleë ruimtes soos Puerto Montt,

reis verby die ekwator

tot in Antarktika

waar ek ‘n vlag plant

in haar onbewuste hart.

 

© Joan Hambidge, 2012   

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d