Andries Bezuidenhout. Die reuk van digkuns

Aardige projek waaroor Faye Lipson gister op die Guardian se boekeblog skryf: parfumeurs (is dit die regte woord vir mense wat parfuum skep?) en digters wat saamspan om reuke en woorde in gesprek te laat tree. Digters kry ʼn snuifie parfuum en moet dan ʼn gedig daaroor komponeer. Die pogings is hierdie week by ʼn geleentheid in Londen voorgelees, tot ekstase van die reukenaars: “One explained his satisfaction at finding that his partnered poet characterised the scent just as he himself had imagined it.” Dalk die reuk van ʼn narcissis? Die gedigte is nou gebundel, met die titel: Penning Perfumes.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •