Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 June 201227 June 2012

Joan Hambidge. By ‘n foto van my Ouma

By ‘n foto van my Ouma

Vir Libbet

 

Van my Ouma Hannah

in die Strand onthou ek veel:

haar reisplakboeke

met seereise,

selfs ‘n spyskaart

op duur papier

en vele foto’s van eksotiese bestemmings.

Die agterplaas wat uitkyk

op ‘n groen muur

kom nou terug na my.

‘n Oranjering en halssnoer

met skerp stekels

gekoop in die vreemde

sal ek nooit vergeet.

My pa, die appel van haar oog,

sou tot haar chagrin net dogters verwek.

My dowe Oupa Frank

skilder om ‘n verloopte lewe te besweer:

‘n donkiekarretjie kry sy rusplek

in my hart soos die gekraakte skulp

met die see wat bly dreun en dreun.

My trotse Ouma,

‘n chaperone vir haar suster

op ‘n vreemde bestemming

na ‘n mentor, dalk ook minnaar?

Die liefde tussen susters

word nooit genoegsaam uitgespel.

Digterlike susters soos Anne Sexton

en Sylvia Plath; susters in bloed,

in gelykenis én lewensloop:

jý die ewebeeld van ons Ouma,

‘n nooi Losper uit Bloublommetjieskloof,

waar háár ma meen Maggie

kan nie klavier speel nie,

haar portrette is aaklig en skeef,

en waarom kom sy tog nie tot trou?

Nooit kan ons herinneringe

of hierdie teer band met ‘n suster

verminder of vervreem nie. 

 

 

© Joan Hambidge, 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d