Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 September 2012

Johann Lodewyk Marais. Jacques Cousteau

Jacques Cousteau

 

Aan die punt van die tafel praat ‘n man

in ‘n restaurant in Juan-les-Pins

met ‘n uitsig oor Cannes se baai

saam met duikers, bemanning van die Calypso,

wetenskaplikes, Philippe Tailliez

van die seepark op die Hyères-eilande,

en prins Rainier van Monaco.

Jacques Cousteau lig ‘n glas Bandol

van die suidhang van die Mauresberge.

Van nader beskou, is hy taamlik lank,

met ‘n neus krom soos ‘n dolfyn se vin

en bleekblou oë agter die bril

onder die halfmane van sy wenkbroue.

‘n Oomblik lank huiwer hy, skaterlag

en drink dan die imperiale rooi wyn

soos die kleur uit die skulpe van Toulon.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Johann Lodewyk Marais. Malindi →

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Jacques Cousteau”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    3 September 2012 at 20:42

    Dankie vir die inligting, Leon. Ek het nogal gesukkel om ‘n gedig oor Jacques Cousteau te skryf – totdat ek “hierdie gedeelte(s)” in een van die biografieë oor hom gekry het. Die redakteur van my nuwe bundel het my die deel oor die tien dae lange kook van die skulpe in loodvate laat uithaal!

    Reply
  2. Leon Retief says:
    2 September 2012 at 01:28

    Johann, jy sal dalk belang stel om te weet dat prins Albert 1 van Monaco gehelp het om in 1921 die Internasionale Hidrografiese Organisasie in sy prinsipaliteit te vestig. As ek reg onthou het Cousteau ook met hierdie organisasie te doen gehad het.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d