Desmond Painter. Hoekom blaf die honde by die hekke van paradise?

Breyten Breytenbach

Breyten Breytenbach

Breyten Breytenbach blaf, soos ons weet, meestal van buite, maar verlede naweek het hy by die M&G Literary Festival in Johannesburg opgetree. Ek weet nie of hy geblaf, geknor of getjank het nie — al drie hierdie reaksies sou sin gemaak het in hierdie woordlustige, moordlustige, trigger happy land. Ek weet wel hy het sy gedig ‘This is a season’ voorgelees, en dat jy dit vanoggend op die M&G se webblad daarna kan luister.

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Desmond Painter. Hoekom blaf die honde by die hekke van paradise?”

  1. Buiteblaf Breytenbach :

    Desmond: My blaf was maar redelik gedemp – langsamerhand kom ek agter dis aanmatigend om op julle werf te kom grom of bolle los. Twee interessante reaksies van mense in die gehoor en albei wou hoor wat nie gesê is nie. Die een: julle digters is verantwoordelik vir die vernietiging van ons (vorige) veiligheid en sekerhede en nou ons gemeenskaplik in die bolle getrap het is julle se bekke tjoepstil. Twee: dis goed en wel om op die vlak van die ‘universele’ of ‘globale’ te bly maar wat sê dit vir ons? Waar is die lokale toepassing?
    Oswald Mtshali het ‘n pleidooi gelewer vir moedertaalgebruik. Ek het darem ook ‘n gedig in Afrikaans voorgelees. Die een waarna jy verwys heet eintlik “this is the season” (M&G het die hond aan die stert beet) en is deel van ‘n Meksikaanse reeks.
    Groete
    Bitterbrak

  2. Desmond Painter :

    Wanneer die ou waghonde, soos Neville Alexander, begin sterf, is dit dalk tog nodig dat die rondloperhonde nie ophou blaf nie! (Al lei dit soms tot konsternasie en irritasie in die buurt.)

    Terloops, ek wou kyk of ek die teks van “this is the season” op die internet kon opspoor, toe kom ek af op ‘n artikel wat ene Neil Lazarus oor A Season in Paradise geskryf het. Met hierdie motto: “For a man who no longer has a homeland, writing becomes a place to live.” — Adorno

  3. Buiteblaf Breytenbach :

    Neville was ‘n goeie en opregte mens – ‘n ware internasionalis, ‘n ware sosialis. Kortom, ‘n profeet wat veel meer erkenning in sy eie land verdien het.
    Wat die rondloperhondskap aangaan, mens word ook maar lelik hardhorend en stiksienig agter die eie mure. Maar troos jou aan Oom Sampie se gevleuelde woorde: “It is undone for the Afrikaner to be the overdog.”
    Die gedig staan in Windcatcher (deur Harcourt gepubliseer) en dit wil mos nou vir my lyk asof dit nie in Afrikaans bestaan nie. Njarrr…

  4. Johann de Lange :

    Dit dring uiteindelik deur op watter vasteland ons boer. Ons sou só kon doen met Blum vandag.

  •