Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 November 201225 November 2012

Annie Klopper. oujaarsdag op Baardbos

oujaarsdag op Baardbos

 

in die omtrek van plusminus een dosyn hoenders

’n gebreklike stoepkoei, hartseer perdeoë, skedels, roes, dorings en

’n karavaan sonder wiele, baklei

twee honde met onpeilbare genetiese samestellings

op die stoep van die pub-grill-and-venue

waar rugby gekyk word,

troues en verjaarsdae gehou word en

’n antie met flappende onderarms beduie

dat die balp in ’ie toilets geblaas is

waar ’n hartseer handdoek slapper hang

as die mense by die bar

en ’n middeljarige man in sy broek pis

omdat hy nie sy pad na die krip

kan vind nie

en in sirkels sal slinger

tot hy hier sterf

 

© Annie Klopper, 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Annie Klopper. oujaarsdag op Baardbos”

  1. Quintin White says:
    12 November 2012 at 19:55

    Die waarheid is soms so hartseer ! !

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    7 November 2012 at 10:26

    mal oor die hartseer handdoek.

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    7 November 2012 at 08:38

    Sjoe, Annie, dis “bleak”, al gaan dit oor die donkerte van balps wat geblaas soos die mense in die bar is (steeds op soek na ‘n Afrikaanse woord vir “bleak”). Kringe in ‘n baardbos. Ek hou van hoe die teenwoordigheid van diere verwys na die oorspronklike betekenis van “krip”, asook die dubbelsinnigheid van “geblaas”.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d