Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 January 2013

Clinton du Plessis. Die groen ghoen

Die groen ghoen*

 

Nie brood nie

ook nie geld nie,

ek wou net

móés net,

dáárdie boekie

albastergroot-oog lees;

ek wou dit in my hande hou

met dit in die bed sit

by broos kerslig wou ek weer

die stem van die voorleser

op die radio hoor

dit is al wat ek wou hê.

 

Meneer Mike, het blank, maar ondermynend

die boekie uitgeteken,

dit vir my pa toegedraai, ek reken

dit was sy lojale verset:

“Ag, Here, Robert,” het hy gesê

 “dis tog net ’n kind, en ’n boek,

wie kan vir só iets nee sê?”

 

één man kan ’n verskil maak

één man kan jou ten volle mens maak

één man kan anderpad kyk.

 

Ek het my hande ontsmet

voor ek aan die boek wou vat,

en daar het geen spoor van my

tussen die bladsye agtergebly

miskien kon net my vingerafdrukke vertel

van my geheime omgang met die verbode boek van die bestel

 

maar dié boek het gereis

uit sy bleek, bang, benoude bestaan

in ’n blanke, blonde, blou-oog biblioteek

tot in die vaal lokasies van ’n kind

se wilde verbeelding, grense oorgesteek,

hom heel tuis in die veronderstelde vreemde bevind…

 

één man kan ’n verskil maak

één man kan, sonder vertoon verset,

één keer, God nee, skree!

Mike was ʼn goeie man, dis maar al.

 

 

 

(*Die gedig verwys na ’n insident toe ek, kleintyd, na die radio-voorlesing van P. H. Nortje se Die groen ghoen , dié boekie wou lees, maar die biblioteek op my geboortedorp was toe slegs vir een rasgroep gereserveer. My pa se werkgewer het egter die boekie uitgeneem en dit aan my geleen.- CdP)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Clinton du Plessis. Die groen ghoen”

  1. Nicolette van der Walt says:
    1 February 2013 at 09:06

    Jou gedigte is soos ‘n spieel, Clinton. Inderdaad “the applause of a single human being can change the course of a life.”. Goed!

    Reply
  2. Marthe says:
    14 January 2013 at 05:37

    Dit is roerend en pragtig geskryf. Wel gedaan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d