Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 January 20136 March 2013

Andries Bezuidenhout. Gesprek met Vilhelm Hammershøi by Ordrupgaard

 “Sonstrale”, 1900, 70 x 59 cm, olie op doek, deur Vilhelm Hammershøi (1864-1916).

 

 

Gesprek met Vilhelm Hammershøi by Ordrupgaard

 

Geagte Meneer Hammershøi, verskoon die aksent,
maar agter my tande sit die laaste lettergreep vreemd.
Die uitspraak, verneem ek, iewers tussen huil, hooi en heel –
vandag, vrees ek, die eerste eerder as die laaste twee.

Ter plaatse behoort formele aanspreekvorms
tot geskiedenisboeke of die sarkasmeregister,
maar is nogtans gepas waar ek vassteek
voor u skildery van vensters, deur, vloer, sonstrale
by Strandgade 30, Kopenhagen, in die jaar 1900.

Die son van agter in die saal waar dit nou hang
en sukkel ek om stip te kyk.
Tuis, in Suid-Afrika, val die son ook dubbelsinnig –
dalk meer bars as bleek
en word die blik ook beduiwel deur skaduwee en lig.

Sou ek dit kon skilder – oppervlakte met sonnestraal
deur die ruite van die Ou Sinagoge,
deur diefweringroosters in Muckleneuk,
of deur die tralies by Pretoria Sentraal?

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Gesprek met Vilhelm Hammershøi by Ordrupgaard”

  1. engemi ferreira says:
    12 February 2013 at 16:37

    JISLAAIK, JA. Ek kan verstaan waarom jy gewen het Andries. Veels geluk. Jy praat nie alleen met die skilder nie, ook nie omdat jy dit het oor die skildery nie. Maar veral omdat jy praat met my – en so met elkeen wat lees, glo ek

    Reply
  2. Estelle Bester says:
    11 February 2013 at 22:33

    Baie geluk Andries! Jy het verdien om te wen – my beskeie deel … ek bedoel mening.

    Reply
  3. Tessa Louw says:
    11 February 2013 at 15:14

    Uitstekende beeldgedig en waardige wenner. Hartlik geluk Andries!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d