Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 January 201328 January 2013

Breyten Breytenbach. die hengel komposisie kompetisie

die hengel komposisie kompetisie

 

digters sit dig bymekaar in die nag

(gedig aan gedig gebokkom

sodat die gesigte onsigbaar is)

en lyne word laat sak in die donker

(soos uit die hand verloopte glimlagte)

elk met ‘n eie geheime aas aan die hoek:

hier die soek-soek van ‘n wurm      daar

‘n brokkie brood lankal op die water gewerp

of ‘n vulsel maaiers gebry in deeg

(“gras is ons lewens en vertering knaag sag”)

‘n bokblêrtjie, ‘n verpulpte hart, ‘n gulp, fetusblommetjies,

dooie vlieë, pruimsels, engelpluim, die dons

van drome, selfs die verfrommelde vuis

van ‘n jeugmanifes of die swart skelet

van self of van ander se vers

tot aan die graat kaal gepeusel

(“die mossie is mos morsdood verlief op die aandgaal”)

en ‘n reël of twee uit die engelaar

se handlyding geknoop

om soos verleidelike verlange te lyk

 

af en toe is daar ‘n geknibbel in die diepte

word die waters geroer

span ‘n snaar tot breekpunt      maar

die gebroke ritme kom dryf

‘n aartjie speeksel van die drenkeling

in die donker geletterde boek

(“genoeg niks om jou aan op te hang

sit nie in iedereen se broek nie”)

 

en meestal is die vangs ‘n plastieksak

vol water        of ‘n skoen

sonder soen of sool

triomfantlik uit die niet gepluk

en voorgehou as synde die oorblyfsel

van die muse se onderbewuste dans

 

maar soms gebeur dit tog

dat ‘n glinsterende lewendige vis

bloederig glad soos ‘n tong vol insigte

uit die nikswees breek

om stom vrae uit die leegte gebaar

op die kaai te kom lê en gaap

 

daardie blink ontdekkersdrol ingekatrol

uit die onvoorspelbaarheid van waak

en die vrugwaters van die oopvouspieël

sal gespeld word aan die reisende

grafsteen van been

 

die wenner is die een eenparig

uitgeroep tot maagd:

en waar anders kom die maan

se vishoring vandaan? 

 

© Breyten Breytenbach, 2013

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Breyten Breytenbach. die hengel komposisie kompetisie”

  1. Melanie Grobler says:
    29 January 2013 at 11:17

    Hou baie hiervan!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d