DR Velázquez Descanso de Marte (1640)
Mars – Velázquez
Die wat weet sê jy’s lewensmoeg,
maar vir my lyk jy net horny,
badhuis-daddy
lank ná middernag,
of jy afkom van ‘n trip,
strydhelm vergete
en die snor, o daai snor
soos die snor van Chad Douglas
in eighties video smet.
Maar dalk is jy tóg moeg,
moeg van al dié cruising
vir jou perfect bottom,
want jy, jy’s beslis ‘n top.
Ek sien dit in die skouers,
jou ken, nog macho man,
lok uit vanaf daai vuis,
snaargespande kuit,
jy’s nog lank nie klaar nie, né?
Dit behoef niemand om die blou
lendedoek Duchamp-agtig
af te skilder nie –
ek ken die belofte wat daar hou,
maar dalk ís jy moeg,
verloopte god, van fight
met flirty lovers in die klubtoilette,
van nou en dan nog wroeg,
want wie sal die skild opneem,
die lendene omgord
as dit dan tyd word
vir die oorlog in jou bloed
waarvoor jou donker oë reeds boet?